Gordhan kondig minimumloon aan terwyl werkloosheid styg

Die Tesourie het sy steun gegee aan ‘n voorstel dat ‘n nasionale minimumsalaris op R3 500 rand per maand vasgestel word.

Suid-Afrika se werkloosheidsyfer het vir die derde kwartaal van 2016 geklim tot 27,1%, het Statistiek Suid-Afrika vroeër bekend gemaak, ‘n skokkende styging.

Dit sluit nie diegene in wat in die uitgebreide definisie van werkloosheid – dié mense wat opgehou soek het na werk – 36,3%, in die tweede kwartaal bereik het nie, het die statistiekliggaam gesê.

Minister Gordhan het die hoë werkloosheid geïgnoreer en gesê die Nedlac-verslag is ‘n belangrike mylpaal in pogings om lone van werkers te verhoog.

Ondersteuners van ‘n minimumloon sê dit sal groei aanmoedig omdat werkers meer geld sal hê om te bestee en ook ongelykheid verminder.

Kritici dink egter dat dit nog meer werkloosheid kan meebring omdat werkgewers nie hoër lone kan bekostig nie.

Die Reserwebank se monetêre beleidskomitee maak intussen vandag sy laaste aankondiging vir vanjaar oor die rentekoers.

Die Bank het die terugkoopkoers sedert Maart onveranderd gelaat op sewe persent met die prima-uitleenkoers op 10 komma vyf persent.

Vandag se aankondiging sal plaasvind te midde van ‘n steeds trae ekonomie en kommer oor moontlike afgraderings deur kredietgraderingsagentskappe.

Gordhan se aankondiging oor minimumlone in ‘n klimaat van stygende werkloosheid, sal nie die ekonomiese prentjie verhelder nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Vicky

    As hy sê die werkloosheid is 27% is dit nader aan 35%.

  • Wel neem ook in ag dat as die rand nog 50% van waarde verloor dit sal beteken dat die waarde van daardie minimum loon ook nie veel werd is nie. ‘n Swakker rand beteken weer dat die uitvoer produkte meer Rand kry per eenheid, so ek dink Gordan doen juis hierdie skuif met die gedagte van ‘n swakker rand in die toekoms. Werksloosheid sal dan ook meer ‘n tydelike ding wees

  • Ou Transvaal

    Is hierdie gedwonge verhoging nie ‘n guilde geleentheid om Volkseie indiensneming te aktiveer nie???
    Ek voorsien dat baie mense se tuine nou eers werklik sy eie tuin sal wees, na ou Piet reggestel is , hier is ‘n geleentheid vir seuns om geld te maak en sommer fiks agter die grassnyer te word .

  • Kalium_Chloraat

    Die regering is nie gepla oor die werkloses nie, hulle is net gepla oor die swart arbeidselite. Dis mos waar hulle mag eers gele het.

  • Anton Schutte

    Ek wonder hoeveel huis bediendes nou in die pad gesteek sal word….weereens een hengse stap vorentoe, en dan drie agteruit…amper soos die Springbokke…