Nigel Farage sal nie VK se diplomaat in VSA wees nie

Deel op

Nigel Farage gaan nie as ambassadeur na Amerika gestuur word nie.

Farage, voormalige en nou weer waarnemende leier van die regse Britse party Ukip, het Donald Trump vier dae ná die verkiesing in Manhattan by Trump Tower besoek.

Hy het hom sterk beywer vir Brittanje se onttrekking aan die Europese Unie (EU) en as leier van Ukip uitgetree net nadat die Britte ten gunste van Brexit gestem het.

Trump het getwiet dat Farage ’n gewilde keuse as ambassadeur sal wees, maar die Britte is nie geneë om Farage as diplomaat aan te wend nie.

Theresa May, die Britse premier, was versigtig om kritiek teen Trump te lewer en net beklemtoon dat dit belangrik is om te besef dat die twee lande reeds baie sterk bande het.

“Wat die ambassadeurspos betref, is daar nie ’n vakature nie. Ons het ’n uitstekende ambassadeur in Amerika en hy sal voortgaan met sy werk,” het haar woordvoerder gesê.

Intussen het Trump met Tulsi Gabbard, die linkse verteenwoordiger van Hawaii samsprekinge gehou oor hoe om die oorlog in Sirië te beëindig wat die NeoCons begin het. Haar pa is self ‘n vuuvreter teen gayregte.

Gabbard is ‘n Bernie Sanders ondersteuner maar het gesê sy sal saamwerk met Trump. Sy word oorweeg vir die pos van buitelandse sake.

Trump het die pos van VN-ambassadeur vir Nikky Haley gegee. Sy is ‘n Indiër, lid van ‘n Sikh-gesin, gebore as Nimrata Randhawa en ‘n voorstander van Israel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.