SA en China verdiep samewerking

Suid-Afrika en China sal nog handels-en beleggingsooreenkomste onderteken wat hulle grondslag het in die Suid-Afrika-China Binasionale Kommissie-vennootskap tussen die twee lande, het RSG berig.

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het die inligting aan die media onthul in sy openingstoespraak met die ontvangs van sy Chinese ampgenoot, Li Yuanchao, voor die begin van die sesde sessie van die kommissie in Tuynhuys.

Ramaphosa sê die hoofdoel van die kommissie is om die vordering te evauleer wat gemaak is oor strategiese kwessies sedert die totstandkoming van die kommissie.

China is reeds Suid-Afrika se grootste handelsvennoot, gevolg deur Europa en Amerika.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.