Trump kry media voor stok

Deel op

Verskeie netwerkbase en ander grootkoppe van die korporatiewe media het ‘n vernederende sessie deurgemaak nadat Donald Trump ‘n vergadering Maandag gereël het van die rekord af.

Die verwaande groep het by Trump Tower aangekom denkende dat hulle Trump gaan vertel watter dele van sy administrasie hulle gaan dek, maar is gou ontnugter.

In plaas daarvan dat hulle hartlik ontvang is, is hulle genadeloos skerp gekritiseer deur Trump, volgens die New York Post.

Die vergadering is gehou by Trump Tower en bygewoon deur 30 tot 40 mense, “insluitend die groot nuusankers van al die netwerke.” Deelnemers is nie veronderstel om uit te praat oor die besonderhede van die vergadering nie, maar volgens die Post het sommige bronne dit nogtans gedoen.

“Dit was ‘n f***en vuurpeloton,” is hoe een van daardie bronne dit beskryf het. Die bron het verduidelik dat “Trump begin het met [CNN hoof] Jeff Zucker (foto) en gesê het:” Ek haat jou netwerk, almal op CNN is ‘n leuenaar en jy behoort jou te skaam.”

Die vergadering by Trump Tower was nie ‘n roetine een nie. Trump het korte mette gemaak van hul gewaande belangrikheid.

“Die TV-base en ankers het gedink hulle sal die toegang tot die Trump administrasie bespreek, maar in plaas daarvan het hulle ‘n Trump-styl uitk*k gekry,” het die bron gesê. Nog ‘n bron het gesê dat Trump herhaal het hoe die media ‘n “bedrieglike, oneerlike spul leuenaars,” is en bevestig dat hy gesê het “almal by CNN is ‘n leuenaar en CNN is ‘n netwerk van leuenaars.”

“Uitstekende vergaderings met die top-bestuurders van die groot netwerke,” is hoe Trump se woordvoerder Kellyanne Conway die byeenkoms beskryf het.

Die groepie het gelyk of hulle bomskok het toe hulle uitloop.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.