Franse waarsku dat ISIS groot gevaar op eie bodem inhou

Deel op

Frankryk het gister bevestig dat ‘n beplande terroriste-aanval gefnuik is. Sewe mense is in hegtenis geneem Sondag, insluitend lede van die Islamitiese staat in Sirië.

‘n Tweede bron het aan Reuters gesê dat ISIS-militante geïdentifiseer is na ‘n wenk van die Portugese regering. Vier handwapens en ‘n outomatiese geweer is tydens huissoektogte opgespoor, het die bron gesê.

Die Minister van Binnelandse Sake Bernard Cazeneuve sê die sewe, is van Franse, Marokkaanse en Afghaanse oorsprong en tussen 29-37 jaar oud. Hulle is ná ‘n agt maande se meeluistering deur die DGSI interne intelligensie-agentskap vasgetrek. Hy het gesê die omvang van terrorisme is “enorm en dit is nie moontlik om geen risiko te verseker nie” ten spyte van hul beste pogings.

Franse sekuriteitsamptenare vrees jihadiste sal aanvalle in die Weste verhoog. Twee van die wat in hegtenis geneem is, is in Marseille en vier in Straatsburg gevang, maar Cazeneuve het nie gesê waar die sewende man in hegtenis geneem is nie. Meer as 230 mense is dood in die terreuraanvalle op Franse bodem sedert Januarie 2015.

Verskeie meningspeilings wys dat konserwatiewe kandidate ‘n afransteling van Le Pen te wagte kan wees, wat tussen vier en nege persent hoër as enige van die twee sentrum-regse politici, Alain Juppé en Francois Fillon, in steun ontvang.

Die skokopnames vandeesweek toon dat, in die eerste ronde van die stemmery, sal die anti-immigrasie politikus Fillon klop met 29 persent tot 20 persent, en Juppé deur ‘n nouer marge van 30 persent tot 26 persent.

Na afloop van die resultate wat vrygestel is, het Le Pen getwiet: “Ek is die patriotiese kandidaat, ek veg in die naam van die mense. Dit is die betekenis van my kandidaatskap vir die presidentskap.”

Meer ‘n derde of meer van die Franse kiesers is nou bereid om ‘n kandidaat te kies wat openlik die aftakeling van die EU-projek bepleit.

Die huidige Franse eerste minister Manuel Valls het erken vir die eerste keer dat ‘n Le Pen-oorwinning is “moontlik” is en bygevoeg: “As sy dit maak na die tweede ronde sal sy ‘n kandidaat van die linker- of die regterkant kry. Dit beteken dat die balans van die politiek heeltemal sal verander.”

Gedurende die laaste Franse verkiesings in 2012, het Le Pen derde agter Sarkozy geëindig en uiteindelike wenner was Francois Hollande, wat sedertdien die mees ongewilde president in die land se geskiedenis geword het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.