Marine praat Frexit!

Deel op

Die leier Frankryk se regse Front National party, Marine Le Pen, het aan CNBC gesê Frankryk sal ‘n referendum uitroep om te bepaal of die land deel van die Europese Unie sal bly as haar party wen in 2017.

Sy het paniek by die Brusselse elite veroorsaak wat sukkel om begryp hoe die gety van ontevredenheid opwel.

Le Pen het bevestig dat indien verkies sy sou word, sy ‘n referendum sal aankondig om Franse burgers die keuse van die onttrekking van Frankryk van die monetêre unie te gee om die blok van 28 lande te verlaat weens die skadelike effek van die euro op die monetêre stelsel in Frankryk.

Volgens die FN-leier is die EU-geldeenheid ‘n wapen teen Frankryk se bors, wat die land dwing om op ‘n spesifieke manier op te tree. Sy het bygevoeg dat die belangrikste kwessie vir Frankryk is om beheer van sy geldeenheid te herwin.

Le Pen het ook voorspel dat die Duitse kanselier Angela Merkel se dae getel is.

Le Pen het gesê Merkel pas nie aan by die tye nie. Sy het gesê dat haar einde is naby gegewe die tempo van politieke verandering wat Europa tans oorspoel. Die verkiesing van Donald Trump as president van die Verenigde State van Amerika het die “massiewe terugkeer” van die wil van die mense aangekondig, het die leier van FN verduidelik.

Merkel het Sondag aangekondig dat sy vir ‘n vierde termyn in 2017 sal staan, wat haar die langsdienende voormalige Kommunis na Duitse hereniging maak.

Die vurige Front National se leier het beklemtoon dat die geleentheid wat voortspruit uit ‘n reeks onlangse politieke verwikkelinge – uit die Verenigde Koninkryk se EU referendum, die opkoms van die regses in Oostenryk en Trump se oorwinning – beteken mag is besig om uit die greep van “die elite” te verdwyn.

“Ek dink dat die elite te lank onder mekaar geleef het. Ons is in ‘n wêreld waar globalisering, wat ‘n ideologie is, van gewone mense vergeet het, die mense se belange, aspirasies, en drome,” Le Pen het daarop gewys.

“Hulle het opgetree soos karnivore, wat die wêreld gebruik net om hulself te verryk, en of dit nou die verkiesing van Donald Trump of Brexit is, het die elite besef dat die mense opgehou luister het na hulle, want die mense wil hul eie toekoms bepaal en in ‘n volkome demokratiese raamwerk herstel om beheer oor hul eie lot te neem,” het sy gesê.

“En dit veroorsaak paniek by hulle, want hulle is besig om die mag wat hulle hulself gegee het, prys te gee.”

Die elite in Brussel is inderdaad paniekbevange oor die vooruitsig. Eurokraat Martin Selmayr, die regterhand van Brussel se grootkop Jean-Claude Juncker, het vroeër vanjaar getwiet dat Marine se verkiesing ‘n “gru-scenario” sal wees.

Le Pen het haar tevredenheid uitgespreek met die oorwinning van Trump oor die oorlogsugtige Hillary Clinton en die Amerikaanse keuse geprys as “dapper en versiende”.

“Ek dink dat die Verenigde State van Amerika se beeld is baie beskadig, veral deur die administrasie waarvoor Hillary Clinton gewerk het. Die Verenigde State van Amerika kan nie die beeld van ‘n oorlogsugtige bekostig nie, met al die moontlike skadelike gevolge wat dit vir ons onderskeie lande kan hê,” het Le Pen gesê. “So, wat die Verenigde State van Amerika weer teruggekry het is ‘n beeld as ‘n vredesadministrasie wat voordelig vir ons almal is,” het sy afgesluit.

Le Pen het gesê Trump se platform en dié van haar eie party het soortgelyke eienskappe soos teenkanting teen massa-immigrasie en onbeperkte vrye handel wat Frankryk en die Europese Unie (EU) “teister”, terwyl die fokus op die uitskakeling van die Islamitiese staat (ISIS) behoort te wees.

“So ja, [as ‘n reaksie op] die voorwaardes [vir Frexit], indien die Franse mense hul onafhanklikheid wil herwin, wil beheer van hul land terugkry, en die elemente van sekuriteit wil versterk, soos grense, die oppergesag van die reg, ekonomiese patriotisme, dan sal ek tot president verkies word,” het sy gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.