Die Reënboog brand Dominees!

In ‘n onlangse onderhoud met RT spreek die hoof van die Russiese Ortodokse kerk, Patriarch Kirill, homself as volg uit oor multikulturalisme:

Multiculturalism has no future, because it implies different cultures mixing, different cultures and religions poured together and shaken vigorously to create a kind of cocktail. That would be impossible because of deep-rooted traditions. If multiculturalism implies weakening people’s connection to their religion and traditions, it automatically makes them victims of discrimination and forces them to be defensive; so this very approach contains a dangerous source of division, and I mean the fundamental division of the brother-against-brother kind.

Vir jare lank al probeer ons hierdie einste boodskap oordra na vriend en vyand. Die idee van ‘n reënboognasie waar al die kleure forseer word om te meng verander die reënboog in ‘n snotstreep teen die plafon. Hierdie is een van die beste beskrywings van die gevolge van die sosiale eksperiment wat tans in ons land plaasvind.

Mens kan nie help om te wonder hoeveel van ons predikante sou dit waag om so stelling te maak nie? Te veel van ons geestelike leiers skram weg van die kultuur-politiese probleme wat hulle lidmate elke dag moet konfronteer. Is hierdie stilswye oor die sake van die dag nie dalk ook een van die kernredes hoekom die kerke leegloop nie?

Dit laat mens dink aan die gesegde “Nero fiddled while Rome burned”.

“Wel, Dominees…. Rome se reënboog brand… “

J.S. van der Merwe

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.