Britte vereer anti-Afrikaanse US rektor

Deel op

Die rektor van die Universiteit Stellenbosch, Wim de Villiers, is vereer vir sy anti-Afrikaanse houding.

Hy het ‘n eredoktersgraad in Wetenskap van die Universiteit van Coventry in Brittanje ontvang.

Die graad is aan hom toegeken uit erkenning vir sy akademiese “leierskap” en navorsing in die mediese wetenskap.

Die Universiteit van Coventry sê in ‘n verklaring De Villiers se visie vir Stellenbosch is soortgelyk as dié van Coventry wat sterk bande tussen die twee instellings tot gevolg gehad het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.