Alles het met hierdie twiet begin.
White genocide in South Africa is real. Said that for years, and I’ll say it now. If nominated for ambassadorship, I’ll say it to Congress.
— Mike Cernovich 🇺🇸 (@Cernovich) November 17, 2016
Mike Cernovich, ‘n figuur in die Amerikaanse, jammer internasionale, alt-regse beweging het Donderdag ‘n reeks Twiets geskryf oor die huidige situasie in Suid-Afrika. Bewerings dat die blanke minderheid onderdruk en selfs uitgemoor word, het ‘n herrie onder Suid-Afrika se media-elite veroorsaak.
Ek het persoonlik vir Cernovich op Facebook ingelig dat Suid-Afrika as land nie spraakvryheid geniet nie. Eers het Indiese redaktrises soos Ranjeni Munusamy dit ontken, maar ‘n swerm linkses soos die propagandis en Boerehater Eusebius McKaiser en onse vriendin Nechama Brodie het ingespring om te bevestig dat Suid-Afrika se spraakwette van die strengste ter wêreld is.
Brodie het onmiddellik aangedring dat Cernovich summier verbied word om na Suid-Afrika te reis. Suid-Afrika het reeds vanjaar die dominee Steven Anderson toegang tot die land geweier. Richard Spencer, Michael Savage en Louis Farrakhan is op ‘n lys van mense wat nie na Brittanje mag reis nie. Vroeër dié jaar was daar ook ‘n mislukte veldtog om Steve Hofmeyr te verbied om na Holland te reis vir sy gesprek met Martin Bosma.
Cernovich se aanhangers word beskryf as “un-kind”. Die groot ironie is dat die konsep “un-kind” meer walglik is as enigiets wat Cernovich gesê het. Is die Arabiese woord “kaffer” nie maar net n ander manier om “un-kind” te sê nie? Daar word volgens my nou openlik na individue wat alt-regse sienings deel as “kaffers” verwys. Brodie sal nie vir hierdie taalgebruik tronk toe gaan nie. Net soos Pierre de Vos vir al sy jare van anti-blanke, anti-Westerse beledegings beloon word. Geregtigheid in Suid-Afrika swaai nie albei kante toe nie. Leer hierdie les en leer hom vinnig.
Ek maak uit hierdie gebeure die volgende afleiding: Klein groepies mense beheer ons land en wêreld. Klein organisasies soos AfriCheck (wat terloops deur George Soros befonds word) het nou die reg om te besluit “oor die lewe en die dood”.
Ek het Vrydag in ‘n private boodskap aan Dr. Dan gese:
“As jy die Cernovich-skokgolwe analiseer kom jy 3 dinge agter:
1) SA lewe in ‘n ander dimensie
2) Blankes wêreldwyd ondersteun ons en sal miljoene van ons toegang gee na hulle lande as hulle ooit “wit nasionalistiese” partye aan bewind kry.
3) Blankes in SA word gehaat deur die media/intelligentsia.”
– Vicky