Frankryk: Sarkozy uit en Fillon loop voor

Francois Fillon
Deel op

Franse kiesers het verwagtinge oor die komende verkiesing deurmekaar gekrap Sondag om van oud-president Nicolas Sarkozy ontslae te raak. Die media het Sarko voorgehou as ‘n geloofwaardige kandidaat.

Die wedloop om ‘n genomineerde vir die regse sentriste aan te wys het gewese eerste minister, Francois Fillon se kanse om uiteindelik die eerste plek te behaal, ‘n hupstoot gegee.

Fillon, wat konserwatief is met ekonomiese liberale idees, sal Alain Juppé, ‘n ander oud-premier, op 27 November die stryd aansê vir die sentriste se nominasie.

Hy was eers agter sy teenstanders in meningspeilings, maar Fillon het ‘n sterk voorsprong.

Fillon sal waarskynlik volgende Sondag se ronde “met 56 persent van die stemme teenoor 44 persent vir Juppé wen” volgens die OpinionWay-peiling wat 3095 kiesers gevra het.

Die regerende Sosialiste en hul bondgenote hou hul eie eerste ronde in Januarie. Sosialistiese president François Hollande, wat erg ongewild is, moet nog aankondig of hyself weer sal staan.

Die hele presidensiële wedloop, van links sowel as regs, is gerig teen die groot gevaar, Marine Le Pen.

Fillon het intussen elke voorgstelde beleidsrigting van Le Pen probeer na-aap. Hy het ‘n beroep gedoen vir toenadering tot die Russiese president, Wladimir Poetin, teen die konflik in Sirië uitgekom ter beskerming van Christelike minderhede, en te kenne gegee dat Sirië se Bashar al-Assad nie probleem is nie, maar ISIS.

Oor die laaste paar weke van sy veldtog, na die publikasie van sy boek oor die stryd teen radikale Islam, het sy aansien by kiesers gestyg.

Fillon is lid van die Republikeinse Party in Frankryk.

Le Pen het droogweg opgemerk dat die hele politieke spektrum tans deur haar beïnvloed word. “Ek is nie besig om aan te pas by hulle [die sentriste] nie, want hulle pas aan by my.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.