TUT se onlusmakers wil eksamen kelder

Deel op

Swart studentegroepe op die Soshanguve-kampus van die Tshwane Universiteit van Tegnologie sê hulle is gekant daarteen om hul eksamens wat vandag begin af te lê, omdat hulle weens die onrus nie daarvoor kon voorberei nie.

Maar die die groepe self was verantwoordelik vir die onrus en onluste.

‘n Geskorste studenteleier, Thabo Boima, sê lede van Sasco, Pasma en die EFF sal keer dat studente met busse na die eksamenlokaal vervoer word, nadat die Studenteraad gevra het dat die eksamen voortgaan.

Die Studenteraad in Pretoria het ‘n beroep op studente gedoen om vandag te gaan eksamen skryf.

Die klasse is ontwrig deur oproer oor klasgeld, wat nou blykbaar ‘n verskoning is dat die oproeriges nie kan skryf nie.

Veiligheid is intussen verskerp ter voorbereiding van verdere openbare geweld.

‘n Woordvoerder van die universiteit, Willa de Ruyter, sê reëlings word getref vir studente van die Soshanguve-kampus om hul eksamen by die Tshwane Skougrond te skryf.

Geen politieke party het die EFF se sabotasie by TUT nog veroordeel vir wat dit is nie. In stede daarvan word die openbare diskoers al hoe meer Marxisties soos wat elke party linkser as die EFF probeer lyk.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.