Media24 se Trump-kenner maak lawaai

Michael T Flynn

Liesl Louw-Vaudran, ’n konsultant by die Instituut vir Sekerheidstudies, het geen idee wat Donald Trump se verkiesing tot die Withuis vir Afrika beteken nie, want, beweer sy, “Trump weet self nie”. Haar stuk is egter ‘n poging om Obama se nalatenskap van onafgebroke buitelandse mislukkings, en waaronder wêreldwye terreur en konflik seker die grootste is, toe te smeer.

Net soos die ander “kenner” wat Naspers inspan om gemeenplase uit die gediskrediteerde liberale hoofstroommedia na te aap, Leopold Scholtz, is die konsultant nie sku vir emosiebelaaide oordele nie en skiet haar stuk te kort aan ontleding.

Scholtz is boonop betrap dat hy foutiewe inligting oor die Amerikaanse verkiesing spoeg-en-plak.

Nie een van die twee is klaarblyklik nog bewus van hoe besonder sleg hul geloofwaardigheid ten aanskoue van lesers is nie. Het die voorbarige Scholtz nie leedvermakerig herhaaldelik vir ons vertel hoe ver gaan Hillary Clinton wen nie?

Louw-Vaudran ly aan dieselfde kwaal. Sy is voorheen aangehaal in ‘n meningsstuk wat die “gevaar” van WikiLeaks vir Afrika belig, asof niemand weet hoe swart maagpolitiek op die vasteland nou eintlik werk nie. Van al haar “gevare” het natuurlik dadels gekom want Afrika is die beste voorbeeld van hoe ‘n tjekboekbeleid uitgevoer word. Sy het, na ons wete, nooit dié nat klapper van ‘n mening reggestel nie.

“Kenners” sê sy, meen Trump het “geen raadgewers op die gebied van buitelandse sake in sy verkiesingspan nie” maar lesers moet tevrede wees om nie meer te wete te kom van hierdie sogenaamde “kenners” nie.

Dit is reeds algemene kennis dat genl. Michael T. Flynn (foto) hom gaan bemoei met Amerikaanse binnelandse veiligheid, dus is sekere afleidings vir die VSA se buitelandse beleid nie vergesog nie.

Dat Trump gekant is teen korporatistiese handelsooreenkomste, vermorsing van hulp aan arm lande en onlangse Amerikaanse militêre avonture soos in Irak, is sieninge wat genl. Flynn kennelik deel.

Asiatiese leiers wat die ongewilde vryehandelsooreenkoms, die TTP onderhandel het met die VSA, verstaan byvoorbeeld dat die Kongres nie gou dit sal goedkeur nie. Die Withuis het erken dat die transaksie dood en begrawe is nadat voorsitter Mitch McConnell ‘n stemmery daaroor in die Senaat, voordat Trump oorneem, buite die kwessie verklaar het.

Dit is in elk geval welbekend dat Afrika nie hoog op die VSA se agenda is nie. Nie een van die twee kandidate in die pasafgelope verkiesing het enige melding gemaak van die donker kontinent in hul groot toesprake nie, maar dit is geen verrassing nie, sê J. Peter Pham, direkteur van die Afrika Sentrum van die Atlantic Council, ‘n dinkskrum in Washington.

Pham het bygevoeg dat “buitelandse beleid in die algemeen” nie vooropgestel word nie en daarop gewys dat die Amerikaanse beleid teenoor Afrika “geneig is om albei partye se steun te geniet”.

Die VSA het tot dusver op lande soos Nigerië en Kenia gekonsentreer en natuurlik vir ideologiese redes op die kontinent se reus Suid-Afrika. Dit sal egter ‘n besonder aangename wending wees, as die VSA afsien van al hul polities korrekte programme hier en nugter begin raak oor die vooruitsigte van ‘n kognitiewe leemte.

Tennessee Senator Bob Corker, die voorsitter van die senaat se Buitelandse Betrekkinge Komitee, het aan CNBC op 16 November gesê dat hy op die lys is om as minister van buitelandse sake aangewys te word. Net uit die kortlys kan al heelwat afgelei word.

Corker is die sleutelfiguur wat die kernooreenkoms met Iran hanteer. Corker het aan CNN gesê dat Trump ten minste nie sommer dadelik aan die ooreenkoms sal torring nie. Net daardie feit maak hom alreeds ‘n gunsteling. Vir Suid-Afrika kan dit voordelig wees wat brandstofinvoere betref.

En laat ons die bepopelde Louw-Vaudran tog gerusstel: Wat Trump ook al besluit oor klimaatsverandering, sal Afrika nie raak nie. Dit sal ‘n spul oorbetaalde Soros-handlangers in Johannesburg wees wat hul geweeklaag oor die onderwerp sal afwissel met Marxistiese onsin wat hulle sal oprakel om EFFer Julius Malema se geloofwaardigheid te bou.

Dit raak al hoe ingewikkelder vir klimaatsaktiviste om mensgemaakte aardverwarming onteenseglik te bewys. Om kiesers daarvan te oortuig, gaan ook ‘n uitdaging word.

Louw-Vaudran se liberale “analise” is ook nie sonder sy oomblikke van onbedoelde humor nie: Hoe haar uitspraak van “Trump is ook glad nie ’n voorstander van gayregte nie,” ‘n buitelandse beleid vir Afrika kan impliseer is nie duidelik nie, maar al daardie nie-regeringsorganisasies wat geld bedel om Afrikane se anti-gay vooroordele reg te stel, kon onder Obama ook nie veel uitrig nie.

Miskien sal ‘n referendum oor gays in Suid-Afrika haar van haar illusies verlos.

Louw-Vaudran betreur die gebrek aan “weldeurdagte beleidsdokumente” by die Trump-span, net enkele dae nadat hy verkies is asof die onmoontlike verwag moet word, maar hopelik sal Trump die Amerikaanse hulporganisasie USAid se $22,7 miljard vir onder meer die “demokratisering in Afrika” beter kan aanwend teen betoger-gespuis wat betaal word om onluste te pleeg tuis.

En van humor gepraat. Daar is selfs onoortreflike oomblikke, soos dié: “Trump se radikale standpunte oor terreur een van die grootste bedreigings vir veiligheid in Afrika. Navorsing het bewys dat jong radikales by Islamitiese terreurorganisasies aansluit juis wanneer hulle voel dat hulle weens hul geloof onregverdig geteiken word.”

Louw-Vaudran gaan van die stomme veronderstelling uit dat Trump se beleidsrigting hierdie werwing in die toekoms sal ondersteun, terwyl Obama en Hillary reeds dit vermag het. Die twee was direk gemoeid om wapens aan terroriste te smokkel, soos met die Benghazi-skandaal onthul is.

“Trump weet nie veel van die kompleksiteite van terreurgroepe en netwerke nie,” kla sy voorts, maar Flynn is ‘n lid van ACT en sit op die raad van hul adviseurs. Dis word beskryf as die “grootste voetsoolvlak anti-Moslemgroep in Amerika” met 280 000 lede regoor die land. Vermoedelik is Flynn goed ingelig oor juis hierdie groepe en netwerke aangesien hy, as Demokratiese kieser nogal, geweldig gekant was teen die oorlog in Irak. Dit beteken dat presies die teendeel van wat Louw-Vaudran beweer waarskynlik eerder waar is.

ACT For America is gestig deur die skrywer Brigitte Gabriel, wat beskryf word as “een van die voorste nasionale veiligheidsdeskundiges in die wêreld” wat inligting en ontleding oor die opkoms van Islamitiese terrorisme verskaf.

Gabriel word gereeld deur die Verenigde Nasies, die Australiese owerhede, lede van die Britse Parlement, lede van die Amerikaanse Kongres, die Pentagon, die VSA se Spesmagte, die FBI, en vele ander genader en word beskou as een van die 50 belangrikste meningsvormers in die land.

“Radikale optrede, soos om terreurbasisse met hommeltuie te bombardeer,” dig Louw-Vaudran by voorbaat sommer aan Trump toe, terwyl Obama dit gereeld onderneem het, maar omdat hy swart is ook daarmee weggekom het om oorlogsmisdade te laat pleeg.

Eintlik is haar hele powere stuk vol sulke projeksies wat duidelik op die mislukte swart president van toepassing is, en nou skielik, onverklaarbaar Trump se verantwoordelikheid geraak het.

Ten minste verskaf die konsultant darem ‘n rede vir haar beteuterde stelletjie vooroordele: “’n Trump-presidentskap ’n groot slag vir demokrasie en menseregte in Afrika wees,” want “USAid finansier ’n magdom burgerlike organisasies in Afrika wat verkiesingsopleiding doen, vrye-media-instansies ondersteun of menseregtevergrype ondersoek”.

Dit klink eerder soos ‘n yslike geleentheid om van hierdie ideologiese onsin en al die nuttelose parasiete wat dit aankleef, ontslae te raak.

Soos alle liberales loop sy oor van selfvoldaanheid oor haar insigte – sonder uitsondering tweehands – wat algar in die skadu stel en “hoop Trump kry baie vinnig ’n wêreldkaart”.

En ons hoop ewe seer die konsultant kry ‘n paar kliënte wat haar liberale hubris van waarde sal vind.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Vicky

    Op hierdie stadium berig praag net oor Naspers sake omdat dit komiese verligting verskaf.

  • Kalium_Chloraat

    Wat Trump vir Afrika/Suid Afrika sal beteken? Ek lees daardie sinnetjie knaend in die SA linkse pers. Trump skuld Afrika niks, hy is die volgende Amerikaanse president verkies deur Amerikaners om na hul belange om te sien. Die “wat sal hy vir Afrika beteken” ding klink na die tipiese Afrika bedelbakkie houding. Laat my dink aan daai Clinton ondersteuners wat so sanik op Youtube. En wat vir ‘n ding is ‘n Louw-Vaudran buitendien? Hou een van die vanne, maar sy dink seker Louw-Vaudran klink beter. Ydelheid.

    • G

      Ja die dilemma. Die linkses moet nou gaan bedel by diegene wat hulle so sleg gesê en beledig het.

    • Guest

      Vaudran is the name of her second black husband, not the father of her mulatto daughter from a first black husband.

  • Afrika, hoewel nou al oor die laaste aantal jare al meer kunsmatig opgehemel, bly ‘n taai toffie. ‘n “Laaste Kontinent” waarvoor min nog ooit kans gesien het, en ‘n kontinent wat in homself ook nie tot oortuigende volhoubaarheid presteer nie. Na mening kon Obama ook nooit werklik die beloofde messias vir Afrika wees nie, daar is eenvoudig nie die geld en die kontekstueele bergip wat nodig is nie. Ek beleef dit met Amerikaanse kerke in sending in Afrika. Afrika moet besluit wie en wat hy is, en vir ‘n verandering oortuigend begin opstaan en uitstyg in eie rentmeesterskap. Dit laat die blanke minderheid in SA ongelukkig nie sonder ‘n uitdaaging of twee nie, en internasionale vennootskappe met eiesoortiges is na mening toenenemd belangrik. Maar, kan ons eie Afrikaanse Kamers van Koophandel en tans nog gebrekkige selfbestuur- en selfbeskikkingsstrukture werklik sulke groot en agterwee uitdaagings hanteer?

    • As ek “Afrika moet besluit wie en wat hy is,” lees wil ek lag kry, die rede is omdat Afrika weet wie en wat hy is maar dat die weste se Liberaale dit nie wil aanvaar nie. Die Gedrag van die Afrikane is wereld wyd baie goed gedokumenteer want waar hulle kom openbaar hulle die selfde gedrag. Ek wil amper se dat hulle gedrag in hulle DNA vasgevang is en dat daar nie ‘n uitkoms is nie, die sogenaamde Africanamericans se BLM openbaar die selfde gedrag as wat die EFF karakters van FeesMustFall openbaar. Is dit slegs toevallig, maar dan dink ek dat daardie deel van hulle DNA se naam dalk Soros kan wees, met die afgelope VSA verkiessing het die Gedrog duidelik gewys waartoe hy in staat is.

      Meskien sal die uitskakeling van Soros en Kie die beste ding vir Afrika wees.

      • Guest

        Indeed. But Merkel is wed to Soros. Merkel is as big a nightmare as her handler.

      • Boer Jan, ek is dit met jou totaal eens dat Afrika sedert die Wieg van die Mensdom, – hetsy dit nou in SA of in die Kongo was, – is wat dit is en dat die Liberalis, Kommunis, Sosialis, Katoliek, Hindu, Moslem en Nuwe Ordes die Laaste Kontinent maksimaal wil uitbuit vir eie minerale en grond- of ekspansionistiese gewin. Dit vrywaar “Volk” en “Kerk” ongelukig nie, na mening, van omsigtige handeling vanuit eie geledere en binne die tersaaklike Afrika konteks nie.

        • Die vraag wat ek vra is, is dit binne die Afrikaan se wese om ‘n oplossing te kry? As ek kyk na die res van die wereld waar hulle betrokke is lyk dit nie vir my of die westerse beskaawing ‘n impak maak op die denkwyse nie. Daar word ooral terug verval na die mees basiese vorm van beskawing wat in die oertyd tuus hoord nie 2016 nie. Daarom wat ek vra of dit dalk invloede van buite is wat die mense se denkwyses so aantas en beheer dat daar nie ‘n oplossing verkry kan word nie. Met Apartheid het die NP probeer om die speel terein gelyk te maak en die spoed van ontwikkeling van elke volk oor te laat aan die spesifieke volk. Dit was nie die Suid Afrikaanse swart volke wat eerste daarteen in opstand gekom het nie maar die Liberaliste en Komuniste, dit het die val van Apartheid totgevolg gehad. Die rasse verhoudings in SA is tans so gepolariseer dat enige vonk kan ontaard in ‘n rasse oorlog. Dit is die maaksel van die liberalis en die se media, in hierdie situasie kan ek slegs my pad oopsien om die voortbestaan van my Volk en mense te help bewerkstellig. Dit druis egter teen die Establishment se waades in en word gesien as “Blanke Afrikaner Nasionalisme” wat dan lynreg teen die “Globale Village” se waardes is.

          Ons sal nie vir Afrika ‘n oplossing kan vind nie, hulle het al reeds in opstand gekom teen die beste bestel wat moontlik tot die opheffing van Afrika sou kon lei.
          Nee jammer al wat oorbly is om te sorg dat ons Volk oorleef en as ‘n voorbeeld vir die Afrikane kan dien, die probleem is egter dat die Afrikaan nie kyk na voorbeelde met die uitkyk om dit te bereik uit self met harde werk nie maar probeer om dit te steel en daardeur alles laat misluk.

  • Fork

    Wat my verstom is dat joernaliste wat die berigte skryf, geen huiswerk doen oor Clinton nie. Voor die verkiesing vra ek vir iemand wie ondersteun hy. Nee sy hy, hy ondersteun Clinton. Toe ek hom vra hoekom kon hy net vir my se dat Trump ongeskik is en dat hy vir Hillary sleg behandel het. Hy kon my net mooi niks se van Clinton se immigrasie beleid nie. Hy kon my ook niks vertel van Bhengazi nie. (Weet nie eers waar dit is nie).
    Ek glo dat die groot probleem van joernaliste is dat hulle glad nie navorsing doen nie.
    Ja Trump het geen ondervinding in politiek nie. Maar, dit is hoekom hy raadgewers het. En dit is hoekom hy mense met ondervinding in sy kabinet plaas.
    Obama het nie als geweet nie. Hy het ook raadgewers wat hom help.
    En ja, Trump gee nie om oor Afrika nie.

    • Jy is totaal verkeerd as jy se Joernaliste doen geen navorsing nie, hulle lees elke keer die Soros bybel om te sien of hulle berig val binne die riglyne LOL

  • Mattewis Kat

    Media24 volg maar die uitgediende verwaande hoofstroom-media model van “meningsvorming”. Hulle druk eenvoudig hulle ore toe (deur die sluiting van hul leserskommentaar seksies) vir die snel-groeiende realiteit dat mense keelvol is om voorgeskryf te word betreffende hul eie menings. Soos die realiteite van die wêreld al meer tuiskom by sy inwoners, raak die sotheid van die hoofstroom media al hoe meer duidelik.

  • Hans Onrust

    Salonfähig papagaaien (elkaar bij gerieflijke kamertemperatuur naar de bek praten en napraten met een lekker glas wijn op belastingbetaler kosten)

    Weer een goed artikel op PRAAG wat van inzicht en nuchtere waarneming getuigt !

  • Rifrug

    ” … asof niemand weet hoe swart maagpolitiek op die vasteland nou eintlik werk… ” ???

    • Karin

      Dit is ‘n Franse gedagte: “Si je ne mange pas, ça me dévaste l’estomac!” ook bekend as “hongerpolitiek”. Hier is ‘n verduideliking in Afrikaans: http://praag.co.za/?p=6207

      • Rifrug

        Dankie vir die verduideliking, Karin – waardeer dit opreg!

      • Suidpunt

        “Oh, I love it when you speak foreign!”

  • Ratel

    Ek wil saamstem met Mattewis Kat hieronder, maar ek wil iets voorstel.

    Ons moet ophou om na Naspers te verwys as die “hoofstroommedia”. Hulle was dit miskien eens op ‘n tyd, toe mense nog oningelig was en toe Naspers, met al sy koerante en tydskrifte, hulle behaag het om lesers te probeer breinspoel. Naspers het sy “sell-by-date” al lankal bereik. Hulle is besig om dood te gaan, soos hulle dooieboom ewekniee veral in Amerika.

    En net soos wat Naspers besig is om dood te gaan, is die werfbobbejane soos Leopoldt Scholtz en ander tipiese pseudo-intellektuele, ook besig om meer ‘n grap en vernedering te raak, as wat hulle enigsins indruk maak.

    Ons moet na hierdie narregroep begin verwys as die propaganda media, en na die sogenaamde alternatiewe media as die hoofstroommedia, want die rolle het al sover en so suksesvol verander.

    • Ou Transvaal

      Ek stel voor ons noem hulle PRAVDAMEDIA??

  • skobbejak

    Slegte nuus vir Boko, Isis en die Kommies – Trump kom !
    Hou hierdie spasie noukeurig dop….

  • Ou Transvaal

    Die klomp liberaliste is smoorkwaad oor die werklike gevolg van Trump se oorwinning nl. die grootskaalse verwerping van die napraat media , ‘n onvergeeflike oortreding teenoor hulle want toe word hulle breinspoel kullery openbaar.
    Dit is egter net een van die pilare van disinformasie wat geval het ; die magtigste een is die waarvoor selfs die sosiale informele media voor bang is ——die grootgeld geloof instellings.

    • Guest

      About their brainwashing. It’s still continuing: Ignorance is knowledge, war is peace and slavery is freedom.

  • Elephant in the room
  • Armando Pellencin

    Ek het onlangs twee boeke van Leopold Scholtz gekoop, beide oor streng SA belang, nl “Kruispaaie” en “Die SAW in die Grensorlog”. Albei gelees en interessant gevind. Maar dit is duidelik dat sy latere uitsprake oor Trump, die waarde van sy gevolgtrekkings in die twee boeke verdag laat voorkom. As hy soveel verkeerde gevolgtrekkinge kon maak oor Trump, wat is die waarde van sy gevolgtrekkinge in die twee boeke? Dit verklaar ook die immer linkse geur van sy kommentaar daarin. Dis jammer!