UV wen appèl teen Afrikaans met koste

Deel op

Die Universiteit van die Vrystaat is in hul noppies met die uitspraak in die Appèlhof wat die implementering van ‘n nuwe anti-Afrikaanse taalbeleid moontlik sal maak.

Die vorige bevel wat die UV verbied het om die taalbeleid wat Afrikaans afskaf teen 2017 in te stel, is dus tot niet.

Die Appèlhof het beslis dat die aansoek gebring deur AfriForum en Solidariteit te kort geskiet het op ‘n wettige sowel as feitelike vlak.

Die hof het dienooreenkomstig die appèl deur die UV teen die implementering, tersyde gestel en gelas dat AfriForum en Solidariteit die regskoste van die UV betaal ten opsigte van beide die Hooggeregshof- en Appèlhofsake.

Ná die uitspraak kan die UV voortgaan om die nuwe anti-Afrikaanse taalbeleid in sy loodsprogram te implementeer volgende jaar, hangende die appèl van die hersieningsaansoek wat aan die begin van 2017 gehoor sal word.

In Maart 2016, het die Senaat en Raad met ‘n oorweldigende meerderheid ‘n nuwe taalbeleid aanvaar wat behels dat Engels as primêre onderrigtaal gebruik word.

Die Afrikaans-Engels, oftewel parallelmediumbeleid sal in die res van die fakulteite in 2017 uitgefaseer word volgens ‘n implementeringsplan vanaf 2018.

Slegs huidige ingeskrewe studente sal in staat wees om hul studies te voltooi in die taal wat hulle by registrasie gekies het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.