VK wil onwettige dierehandel in Ooste sluit

Deel op

Vietnam en sy buurstate moet onwettige markte waar wildprodukte verkoop word, sluit en die stryd teen die onwettige handel in ivoor, renosterhoring en dele van tiere verskerp, het Britse omgewingsbewaarders Donderdag gesê.

Die beroep is tydens ‘n konferensie oor onwettige handel in wildprodukte wat deur die stad Hanoi aangebied word in samewerking met Brittanje, het Reuters berig.

Prins William, die president van “United for Wildlife” en afgevaardigdes van 50 lande woon die konferensie by.

Verlede Saterdag het Vietnam 2,2 ton ivoor van ongeveer 330 Afrika-olifante en 70 kilogram renosterhoring van 23 renosters vernietig in een van die grootste optredes om onwettige handel in die produkte te bekamp.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.