Rusland het amptelik onttrek aan die Internasionale Strafhof se stigtingsverordening, het die Kremlin se webblad aangekondig.
Die besluit is geneem ‘n dag nadat ‘n verslag uitgereik is waarin Rusland se inlywing van die Krim as ‘n “besetting” geklassifiseer word, terwyl die skiereiland se toekoms deur ‘n referendum beslis is.
Die Russiese minister van buitelandse sake het die aankondiging in opdrag van pres. Wladimir Poetin gedoen en gesê die tribunaal het nie aan die internasionale gemeenskap se verwagtinge voldoen nie.
Rusland het die Verdrag van Rome in 2000 onderteken, maar nie bekragtig nie.
Die Verenigde Nasies sal in kennis gestel word van die Russiese besluit, in die nasleep van ‘n soortgelyke besluite deur Gambië, Suid-Afrika en Burundi.
Zeid Ra’ad al-Hussein, die VN se hoëkommissaris vir Menseregte, het ‘n beroep op alle lande gedoen Woensdag om te bly. Die hof se toekoms en aansien is ‘n swaar slag toegedien deurdat lande die bestaan van die instelling in twyfel trek.
Slegs verweerders uit Afrika is voor die hof gedaag en ‘n aantal sleutellande, waaronder die VSA, China, Indië, Pakistan, Indonesië en Turkye het nie die verdrag onderteken nie.
Soos Rusland, het Egipte, Iran en Israel die Verdrag onderteken, maar versuim om die ooreenkoms te bekragtig, wat beteken dat hul regerings in elk geval nooit vervolg kan word deur die hof nie.