Wanbetaling en kabeldiefstal laat SA sonder krag

Duisende Vrystaters kan oor die feestyd sonder krag wees, omdat munisipaliteite nie hul Eskom-rekeninge betaal nie, het RSG berig.

Die agt plattelandse munisipaliteite wat by Eskom in die skuld is, sluit in Nketoana by Reitz, Nala by Bothaville en Mantsopa by Ladybrand.

Die gesamentlik skuld beloop meer as 700 miljoen rand.

Die Masilonyana Plaaslike Munisipaliteit op Theunissen is een van die munisipaliteite wie se krag afgesny kan word.

Die Uitvoerende burgemeester, Nontsizi Mochana, sê hulle sal inwoners en sakeondernemings aanmoedig om hul rekeninge te betaal.

City Power in Johannesburg sê meer as 45 persent van kragonderbrekings in gebiede wat deur dié kragvoorsiener beheer word, is te wyte aan kabeldiefstal.

Verskeie gebiede in Johannesburg het onlangs kragonderbrekings ondervind.

‘n Vermeende reekskabeldief is verlede Sondag in Cresswell Park in hegtenis geneem. ‘n Woordvoerder van City Power, Yumna Sheik, sê die verdagte word ook verbind met ‘n ander kabeldiefstalvoorval in Roodepoort.

City Power hou tans bewusmakingsveldtogte in gemeenskappe wat deur kabeldiefstal geraak word en moedig inwoners aan om op die uitkyk te wees vir verdagte bedrywighede.

Inwoners word gevra om verdagte voorvalle by die City Power-inbelsentrum aan te meld.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.