Assange in Londen ondervra deur Swede

Deel op

WikiLeaks se stigter, Julian Assange, is vandeesweek deur Sweedse staatsaanklaers by Ecuador se ambassade in Londen ondervra oor beweringe dat hy in 2010 twee vroue verkrag het. Hy skuil reeds vier jaar in die ambassade.

Swede se hoofaanklaer, Ingrid Isgren, het vrae aan Assange deur ‘n aanklaer van Ecuador gevra oor die beweringe wat Assange tot nou toe ontken het.

Swede het dié stap geneem nadat Donald Trump as president aangewys is in die VSA. Voorheen het die land geweier om Assange in Londen te ondervra.

Assange het hom die argwaan van Amerika op die hals gehaal toe hy honderdduisende geheime Amerikaanse diplomatieke boodskappe gepubliseer het.

Hy het in Augustus 2012 in die ambassade skuiling gesoek om uitlewering aan Swede vry te spring omdat Swede hom sal uitlewer aan die VSA.

Die 45-jarige Australiër het dus geweier om vir ondervraging na Swede te gaan.

In die VSA duur ‘n kriminele ondersoek na die publikasie van die geheime dokumente deur WikiLeaks voort.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.