Le Pen glimlag breed na Macron toetree tot resies

Deel op

Emmanuel Macron, voormalige minister van ekonomie onder die Franse Sosialistiese president François Hollande mik vir die Franse presidentskap, het hy Woensdag aangekondig.

Die voormalige Franse beleggingsbankier sal as ‘n onafhanklike kandidaat in 2017 se presidensiële verkiesing in Frankryk staan, want Hollande staar ‘n vernedering by die stembus in die gesig.

Met die skepping van die “En Marche” politieke beweging in April, was dit reeds duidelik dat Macron presidensiële ambisies koester.

Sy bod sal stemme van die hoofstroom kandidate afskep in ‘n wedloop wat reeds moeilik is, en daarmee die regse gunsteling Marine Le Pen ‘n hupstoot gee.

‘n Meningspeiling het voorgestel dat hy 21 persent steun sal kry teen 30 persent vir Le Pen en die twee van hulle sal deurgaan na die tweede ronde waar Le Pen sal wen.

Hollande se minister van handel Matthias Fekl het gesê Macron se kandidatuur sal “links laat ontplof”. Hy het op RMC radio gesê: “Dit is ‘n tydbom in die hart van ‘n politieke familie. Die bom het ontplof.”

Le Pen was in ‘n opgeruimde gemoedstemming Woensdag. “Macron is die banke se kandidaat,” het sy aan Reuters by die bekendstelling van haar veldtoghoofkwartier gesê.

“Wat seker is, is dat hy nie enige van ons kiesers sal afrokkel nie. Dit is ‘n kandidaat wat ruik na motballetjies.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.