Kernoorlogbedreigingsvlak laer ná Trump oorwinning

Die bedreigingsvlak in die VSA vir ‘n kernkonfrontasie is verlaag tot sy laagste vlak in die nasleep van die verkiesings.

Amerika se Defcon-waarskuwingsvlak is verlaag na sy veiligste status moontlik na die aankondiging dat Donald Trump in die 2016-presidensiële verkiesing geseëvier het.

Die Defcon Warning System, word deur ‘n private organisasie bestuur wat wêreldgebeure monitor en die kernbedreiging teen Amerika skat. Dit is nou op Vlak 5 – sy laagste moontlike status.

Die groep, wat bestaan ​​uit kundiges met kontakte in die sekuriteitsomgewing, beskou die oorwinning van Trump as ‘n aanduiding van verbeterde Russiese verhoudings.

Net weke gelede is die waarskuwing is opgeskuif tot op vlak 3 weens verhoogde spanning tussen die VSA en Rusland, uit vrees dat die Obama-administrasie die rand nader van kernoorlog.

Vlak 3 beteken Amerikaanse troepe kan gemobiliseer word binne 15 minute. Vlak 5 beteken die Amerikaanse Departement van Verdediging is op sy laagste toestand van gereedheid vir kernoorlog.

Op die webwerf van die groep lui dit: “Die Verenigde State het ‘n voorlopige stap na ‘n meer isolasionistiese beleid geneem met sy onlangse presidensiële verkiesing. Terwyl dit ‘n paar maande sal neem om te sien hoe die Amerikaanse hervormings sy buitelandse beleid raak, het reeds ‘n paar wêreldleiers die hoop uitgespreek dat verhoudings kan verbeter, insluitend met Rusland en Sirië.

“As die nuwe Amerikaanse president hou by sy vorige stellings, sal die Verenigde State van Amerika waarskynlik onttrek van militêre konfrontasies in die Midde-Ooste en moontlik die Europese teater, al is dit hoogs onwaarskynlik dat dit NAVO-verpligtinge sal laat vaar, en die Oekraïne sal waarskynlik weer in die nabye toekoms ‘n kewssie raak.”

Die Russiese leier Wladimir Poetin was een van die eerste wêreldleiers wat die Republikeinse kandidaat gelukgewens het.

“Rusland sal egter waarskynlik wag om te sien wat die nuwe president doen, en nou word hulle in die wiele gery deur die komende winter.”

Die groep het gewaarsku oor ‘n paar oorblywende bedreigings vir die VSA en veiligheid in die wêreld: China, Noord-Korea en Israel sal fokuspunte raak.

“Intussen word meer troepe na Europa in 2017 gestuur om verdediging teen die Russiese bewegings te behartig en NAVO gaan voort met die opbou van magte in Pole om omliggende gebiede te beskerm teen ‘n moontlike Russiese aanval.”

Terwyl die Amerikaanse regering ook die Defcon-stelsel gebruik, is privaat en nie aan die publiek beskikbaar nie. Daarom bly openbare rekords slegs skattings.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Vicky

    Voorspelling: 9/11 tipe False Flag wat op Iran/Rusland blameer gaan word.