Trump en Poetin hou eerste telefoongesprek

Deel op

President Donald Trump en Russiese leier Wladimir Poetin het belowe om ISIS te pak ná ‘n diplomatieke deurbraak.

Die twee het ‘n gesprek oor die telefoon gehad minder as ‘n week nadat die Amerikaanse verkiesing beslis is. Die gesprek dui op ‘n verbetering in die verhouding tussen die twee magte.

Trump se oorgangskantoor het gesê die twee mans het ook gepraat oor “strategiese ekonomiese kwessies,” en dat Trump “baie uitsien na ‘n sterk en blywende verhouding met Rusland en die mense van Rusland.”

Beide het ook kennis geneem van die “uiters onbevredigende toestand van Russiese-Amerikaanse verhoudings.”

Die Kremlin het gesê Poetin het Trump Maandag genader oor die beste manier om terrorisme te begin beveg.

Die twee deel ‘n gemeenskaplike siening oor “pogings in die stryd teen die gemeenskaplike vyand nommer een – internasionale terrorisme en ekstremisme,” het die Kremlin in ‘n verklaring op sy webtuiste laat Maandag gesê.

Die Kremlin het bygevoeg dat Poetin en Trump het ook gepraat het oor maniere om die krisis in Sirië op te los.

Volgende jaar, sal Rusland en die VSA 210 jaar sedert die begin van hul diplomatieke betrekkinge vier, wat hulle dalk sal motiveer “om pragmatiese, en wedersyds voordelige samewerking na te volg wat die belange van beide lande sal bevorder, asook stabiliteit en veiligheid in die wêreld,” het die verklaring bygevoeg.

Rusland het intussen begin om terreurvestings in Sirië aan te val om dele van Aleppo skoon te maak.

Volgens berigte is die offensief vanaf die Russiese vliegdekskip geloods. Waarnemers sê daar was vyandelike pogings om Russiese kommunikasie te ontwrig.

‘n MiG-29K vegvliegtuig het Maandag neergestort in die Middellandse See, maar dit sal geen invloed op die bedrywighede van die vliegdekskip, die Admiral Kuznetsov hê nie, het die Russe gesê.

NAVO het hul kommer uitgespreek dat die teenwoordigheid van die Russiese vloot moontlike tot burgelike verliese kan lei.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.