Petrolprys kan daal voorspel AA

Deel op

Die Automobiel-Assosiasie van Suid-Afrika het goeie nuus vir Suid-Afrikaanse motoriste. Die brandstofprys kan ‘n afname te wagte wees, is hul voorspelling.

Die AA meen die prys van brandstof kan aanstaande maand met 45 sent per liter kan daal nadat internasionale oliepryse begin daal het.

Diesel kan met 38 sent per liter daal, en paraffien met 40 sent per liter.

Die petrolprys het vroeër vandeesmaand met 45 sent per liter gestyg.

Die AA waarsku egter dat die rand skerp verswak het weens die Amerikaanse verkiesingsuitslae, en sê indien die geldeenheid nie weer versterk nie, kan die vooruitsig vir die petrolprys teen die einde van die maand verander.

Hierdie prysverlagings is dus afhanklik van die prestasie van die rand teenoor die dollar in die volgende twee weke, sowel as internasionale oliepryse.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.