David Mahlobo, Suid-Afrika se minister van staatsveiligheid, het ontken dat hy betrokke is by onwettige renosterhoringhandel.
Mahlobo het intussen die kommissaris van polisie in Mpumalanga gevra om die “ongegronde en lasterlike” bewerings wat ‘n Al Jazeera dokumentêre rolprent gemaak het in dier voege, te ondersoek.
Volgens Al Jazeera berig het Mahlobo na bewering noue bande met ‘n Chinees wat die georganiseerde misdaad in renosterhoring hanteer. Guan Jiang Guang, het gespog hoe hy swart immigrasie- en wetstoepassingsbeamptes omkoop.
“Hy het elke week na my masseersalon gekom – minstens twee keer per maand. Ek ken hom baie goed. Hy was al ‘n gas in my huis,” sê Guan in die dokumentêre rolprent van Mahlobo gesê. ‘n Versteekte kamera het die gesprek verfilm.
Mahlobo het ontken hy en sy vrou verbintenisse met Guan of sy werknemers het.
Mahlobo vra verder dat die kommissaris Guan ondersoek oor sy rol in die onwettige renosterstroperyasook na beweringe dat hy onwettige immigrante aanstel.
Die minister oorweeg glo ook ‘n lastereis teen Al Jazeera, publikasies wat die bewerings gepubliseer het, Guan en die rolprent se vervaardiger.