Maclear-aanvallers nog op vrye voet

Deel op

Vyf swart vermaande plaasmoordenaars in die Oos-Kaap is nog soek. Hulle het verlede maand ‘n plaaswerker op Rustig, ‘n plaas buite Maclear genader om te sê hulle wou ‘n paar beeste koop.

Nou, word ‘n moordsaak ondersoek deur die Queenstown-eenheid teen georganiseerde misdaad as gevolg van die moord en aanranding van ‘n bejaarde wit egpaar op die plaas.

Die plaaswerker sê hy het die booswigte wat vou beeste koop na die 74-jarige plaaseienaar, Louis van den Berg, verwys.

Hy sê hy het nooit geweet hy sal sy baas aan ‘n spul kriminele uitlewer wat sy lewe sal neem nie.

Van den Berg het glo die aanvallers uitgenooi na sy plaasopstal, en na ‘n ruk, het die plaaswerker gille gehoor en hy het gaan ondersoek instel.

Die booswigte het hom gegryp en hom in die plaashuis ingedwing sê hy, waar hulle daarop aangedring het dat hy die sleutels tot ‘n kluis oorhandig.

“Na ‘n stryd, wat mev Van den Berg beseer gelaat het, het hulle toegang tot die kluis verkry en het verskeie vuurwapens gebuit. Hulle het te voet gevlug nadat hulle die werker en mev Van den Berg vasgebind het,” het die SADP in ‘n verklaring gesê.

Die werker het daarin geslaag om homself los te maak en kontak met die familielede te maak wat daarna die polisie in kennis gestel het.

Mev Van den Berg is na die hospitaal geneem vir mediese behandeling. Haar man se lyk gevind is by die hek van die plaas, na bewering aangerand en doodgesteek, volgens die polisie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.