Man met outisme het Nieu-Seelandse skudding voorpel

Deel op

Drie weke gelede het ‘n man wat aan outisme ly, Frankie MacDonald in ‘n video gewaarsku van ‘n moontlike aardbewing “wat enige tyd binnekort Nieu-Seeland sal tref”.

Frankie, ‘n Kanadees, het heeltemal korrek voorspel dat die aardbewing “7.0 of groter in omvang” sal wees.

Hy het ook gewaarsku dat die mense van Nieu-Seeland moet voorberei en dat die aardbewing spesifiek Christchurch Nieu-Seeland sal tref, een van die stede wat tans swaar ly onder die ramp.

Elektrisiteitstoevoer is in baie gebiede onderbreek en talle hoofweë en paaie is gesluit.

Hoewel die aanvanklike waarskuwings van ’n tsoenami landwyd in Nieu-Seeland teruggetrek is nadat ‘n aardbewing wat 7,8 op die Richterskaal geregistreer het die land getref het, het die regering inwoners gemaan om weg te bly van kusgebiede.

Volgens die New Zealand Herald is meer as 100 naskokke gevoel. John Key, Nieu-Seelandse eerste minister, het gesê nog sterftes kan ná die kragtige skudding verwag word, nadat twee mense die lewe gelaat het.

Key het aan joernaliste gesê hulle volg nog die besonderhede oor die noodlottige gevalle op. Volgens die koerant is die een oorledene aan ’n hartaanval dood en die ander persoon het in ’n geskiedkundige gebou omgekom.

Militêre helikopters is na die kusgebied en toeristedorp van Kaikoura, sowat 91 km van die middelpunt van die aardskudding, gestuur, in die noord-noordooste van Christchurch op Suid-Eiland om inwoners en toeriste te ontruim.

Die dorp was weens die skudding afgesny.

Die grootste skade is in Wellington aangerig waar paaie en geboue beskadig is en inwoners is gemaan om uit die middedorp te bly.

Skole in Noord-Canterbury en Wellington was Maandag gesluit.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.