Uitspraak verwag in reeks-plaasmoordenaars se saak

Deel op

Uitspraak sal na verwagting vandag in die Hooggeregshof in Mafikeng in Noordwes gelewer word in die saak teen sewe swart plaasaanvallers, het RSG berig.

Moses Nonono en sy ses medepligtiges is skuldig bevind op verskeie aanklagte, insluitend moord, roof en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

Hulle het drie boere tussen 2012 en 2014 vermoor.

Hulle het ook boere in die omgewing van Madikwe, Lichtenburg, Zeerust en Klerksdorp van juwele, skootrekenaars, selfone, voertuie en kontant beroof.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.