Grootste volmaan kan gevaarlike springgety bring

Deel op

Die grootste en helderste volmaan in byna 70 jaar kan vandag wêreldwyd gesien word.

Dit is die naaste wat ‘n volmaan aan die aarde kom sedert 1948, en die volgende keer wat ‘n volmaan so naby aan die aarde sal kom, sal in 2034 wees.

Die maan sal sowat sewe persent groter en sowat 15 persent helderder as gewoonlik voorkom, hoewel die mens se oog skaars die verskil kan waarneem.

Die Nasionale Seereddingsinstituut het intussen see en kusgebruikers gewaarsku om versigtig te wees tydens die volmaan-springgety, aangesien die gevolge op die kus groter gaan wees omdat die maan nader aan die aarde as gewoonlik is.

Die NSRI sê hoewel die springgety vandag sy hoogtepunt bereik, sal toestande langs die kus nog tot die einde van die week geraak word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.