Die leier van die EFF, Julius Malema verskyn vandag in die Bloemfonteinse Landdros vir die oortreding van die Wet op die Reëling van Byeenkomste, het RSG berig.
Die Nasionale Vervolgingsgesag sê hy staan tereg op aanklagte van aanhitsing nadat hy herhaaldelik sou gesê het dat mense onbewoonde grond moet beset.
Malema het verlede week in die landdroshof op Newcastle in KwaZulu-Natal op soortgelyke aanklagte verskyn. Hy het glo die uitlatings gemaak tydens die EFF se verkiesingskongres wat 2014 in die Vrystaat gehou is.
Talle ondersteuners het gisteraand ‘n nagwaak by ‘n gemeenskapsaal gehou. Malema sal na verwagting die hof vra om die saak uit te stel totdat sy aansoek om die Wet op die Reëling van Byeenkomste ongrondwetlik te laat verklaar, afgehandel is.
Sy regsverteenwoordiger, Tumi Mokoena het bevestig dat die aansoek verlede week ingedien is.