Vaaldam styg skaars na vloede in Johannesburg

Deel op

Gautengweer se Twitter-rekening het Donderdag laat weet dat die stortreën in Johannesburg min uitwerking op damvlakke het omdat daar nie genoeg reënval is in die Vaalarea nie. Die boodskap was dat “vloede in die stad beteken NIE Vaalvlakke op”.

Sedertdien het damvlakke effens gestyg volgens reservoir.co.za, tot net minder as 28%, maar dit is nie ‘n groot verandering nie.

Die Vaaldam is Maandag aangevul deur reserwes wat vrygestel word van die Sterkfonteindam, wat ‘n aantal dae neem om resultate te toon.

Hierdie proses sal voortgaan tot die einde van die jaar. Maandag was die Vaaldam se vlak 26,3%. Teen Donderdag, volgens Rand Water, het dit net gestyg tot 26,5% na 1.5mm reën aangeteken is.

Teen Sondag, sal die damvlakke na verwagting weer daal, sodat inwoners nog steeds hul waterverbruik in die provinsie moet laag hou, want watervlakke bly by hul laagste in die geskiedenis.

Die effek van al hierdie reën in Johannesburg, Ekurhuleni en Pretoria beteken die grond is heeltemal versadig en verdere kitsoorstromings is moontlik. Die ongunstige weerstoestande sal voortgaan om eiendom en lewens te eis sê die Weerburo.

In die Johannesburg sal grondwater voortgaan om te styg, maar ongelukkig as gevolg van historiese mynbedrywighede is baie van hierdie water besmet deur suur.

‘n Waarskuwing is ook uitgereik vir verdere erge donderstorms, wind en hael.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.