Soos bo, so ook onder

As ons kyk na die nasleep van die verkiesingsoorwinning van Donald Trump, sien ons hoe diep verdeel die Verenigde State geword het. Dit is egter nie soseer ‘n verdeling tussen ryk en arm nie, of tussen wit en swart nie, maar eerder tussen wys en dwaas.

Baie internetkwetteraars en hoofstroompraatjiesmakers reageer geskok en ontsteld oor die onverwagte opmars van hierdie New Yorkse sakeman en hulle hamer voortdurend op sy onvermoë om die Verenigde State te regeer. Omdat hulle blykbaar vervreem is van hul eie volksgenote, word die oorwinning as ‘n patologiese reaksie omskryf en kom allerlei amateuragtige Freudiaanse teorieë aan bod om dié skielike oorwinning te verklaar.

Terwyl CNN se blankehater politieke kommentator Fareed Zakaria Trump as ‘n kanker omskryf en allerlei skynstatistieke te voorskyn haal om die indruk te wek dat dit slegs laag-opgeleide wittes is wat op hom stem, sit hy nou met ‘n mond vol tande. Sy laaste skrywe was op 3 November gewees en hy het gedurende die hele verkiesing niks meer van homself laat hoor nie.

Die rede vir Trump se oorwinning het niks met charisma te make nie, maar met praktiese en saaklike oorwegings. Trump se uitstaande kenmerk is dat hy anti-globalisties is. Blykbaar ontgaan dit baie mense dat die Amerikaanse middelklas tans in ‘n diep krisis verkeer. ‘n Groot persentasie opgeleide jongmense tussen 25 en 35 jaar is tot aan hul ore toe onder studieskulde en daar is geen werk vir hulle nie. Hulle moet nog by hul ouers woon, en leef van elke klein werkie wat hulle kan opraap. Vanweë globale verdrae soos TTP en die toestroom van onwettige geluksoekers word hulle kans op werk slegs kleiner, en dreig daar ‘n nuwe verlore generasie te ontstaan. Laat staan nog dat die onaflosbare studieskulde ‘n tweede groot resessie kan veroorsaak. Veral sedert Bill Clinton se presidentskap, het die middelklas in ‘n neerwaartse spiraal begin verkeer.

‘n Ander groot gevaar is dat onwettige werkers die werke van wettige burgers gaan afneem, en laasgenoemde moet dan tevrede wees met staatstoelae of werke wat nie naastenby hul rekeninge kan betaal nie. Onwettige werkers word aan die einde van elke week uit die kasregister betaal en betaal ook geen belasting nie. Hulle kan ook nêrens heengaan as hulle ‘n dispuut het nie omdat daar geen rekord is van hul indiensname nie. Die goeie mense word met ander woorde aan die kant gesit en die onwettige werkers verkeer in ‘n staat van moderne slawerny. Só wen die rykes weer.

Die middelklas is immers die motor van die ekonomie, en om aan hul griewe geen gehoor te gee nie kan ‘n vernietigende uitwerking op die beskawing as geheel vorm. Net soos Freud se persoonlikheidsteorie bestaan uit ‘n id, ego en superego, bestaan moderne samelewings uit ‘n soortgelyke indeling, met die id in die onderklas, die ego in die middelklas en die superego in die hoogste klas. En hier raak dit interessant…

Die linkses onder Hillary wil juis die middelklas vernietig. Hulle is die hamer en aambeeld wat die morele meerderheid tussenin wil verpletter. Die konsep “superego” is egter in hierdie formulering misplaas, want dit sou die gewete van die samelewing wees,en Hillary se kliek is totaal gewetenloos.

Dit is egter juis hierdie gewetenloosheid wat die onderklas stimuleer om op soortgelyke wyse hul gesonde gewete en moraal opsy te sit en om blind en dom amok te saai.

Donald Trump – sy lomp uitsprake ten spyt – kom nie naastenby in dieselfde dampkring as die vasgeroeste demokrate en hul skadumeesters nie.

Terwyl Hillary se skandale ‘n hele loopbaan strek, van histeriese woede-uitbarstings tot seksuele intimidasie van vroue, dwelmhandel, wapenhandel en oneerlikheid, word sy en haar binnekring as die “redders” van die ondergang voorgehou.

Wie Hillary se vriende nader sou betrag, kry vinnig ‘n hele ander indruk. Kom ons kyk na haar kampanjebestuurder John Podesta. Hierdie vent en sy broer Tony Podesta is bevriend met die satanis en kunstenaar Marina Abramovic. Slegs ‘n oppervlakkige internetsoektog na haar kunswerke sê al genoeg oor die onderwerpe wat haar fassineer, en dan verstaan ons waarom sy bekendstaan as die Aleister Crowley van ons tyd. Naas die pentagram wat sy met ‘n skeermes op haar maag gekerf het, bak sy gereeld koeke in haar of ander se beeltenis waar sy naak en dood op ‘n outopsietafel lê. Die spons van die koek is ook rooi van kleur en as hierdie koek dan gesny en uitgedeel word, lyk dit gruwelik en kannibalisties.

As sy sulke lugubere partytjies hou vir die publiek, wonder ‘n mens wat agter geslote deure plaasvind.

John Podesta 'fishing for teen'.
John Podesta ‘fishing for teen’.

Die Podestas word ook in verband gebring met die verdwyning van die Engelse peuter Madeleine McCann in Portugal. Naby die plek waar McCann vir die laaste keer gesien was, is ‘n luukse kuuroord vir die wêreld se rykstes, en het ‘n berugte reputasie as uitvalbasis vir illuminatipedofiele, waaronder Clement Freud, kleinseun van die beroemde kopdokter.

Andersins het Hillary Clinton in 2010 ‘n huldeblyk getoon aan haar “vriend en mentor”, die ontslape senator Robert C Byrd. Naas die feit dat Byrd ‘n vooraanstaande figuur in die KKK was, was hy volgens Cathy O’Brien ook betrokke in daardie duistere wêreld en was ‘n baie sadistiese man gewees wat haar by tye bruut verkrag het. Byrd was onder andere bevriend gewees met dr. Michael Aquino, wat ‘n kolonel in die Amerikaanse weermag was en ‘n uitgesproke satanis is. Albei hierdie menere het O’Brien gemartel en getraumatiseer om haar in ‘n dissosiatiewe trans te hou, maar volgens haar was Byrd by verre die ergste.

En waar sulke afskuwelike figure in die hoë torings sonder vrees vir gevolge hul ellende kan voortsit, sien ons dieselfde gebeur met hul aanhangers in die onderklas.

Die anti-Trump proteste in die strate van die VS begin ekstreme proporsies aan te neem. Beelde word uitgesaai van ‘n tuislose swart vrou wat deur Hillary-ondersteuners gemolesteer en uitgeskel word terwyl sy hulpeloos op die grond lê. Anders sien ons hoe ‘n maatskaplike geregtigheidstryder haar behoefte op ‘n Trump plakkaat doen, en haar ontlasting oor die plakkaat smeer. Die feit dat swart youtubers hul walging en verontwaardiging uitspreek oor die optrede van ‘n wit vrou, spreek boekdele oor die tipe mense wat Hillary in haar agterban het.

Soos met die Bolsjewiste en Jakobyne van oudsher, is die maatskaplike geregtigheidstryders onder Hillary die nuutste inkarnasie daarvan. Hulle is die nuwe geslag nuttige idiote en jeugdiges sonder moraal. Waarskynlik omdat Hillary en haar skurke weet dat die middelklas besig is om te verdamp, begin hulle dieselfde kommunistiese taktieke in die VS toe te laat. Veral noudat George Soros ‘n spreekwoordelike bloedneus oorgehou het aan haar verkiesingsnederlaag, gaan hy sy skape onderaan ekstra hard inspan om Trump se presidentskap so onaangenaam moontlik te maak.

Die gesondste skakel in enige moderne samelewing is die middelklas. Hulle het die selfdissipline, die geestelike krag, die ervaring en die integriteit om te sorg dat die ekonomiese motor kan bly draai. Juis as gevolg daarvan is hulle ook die grootste vyand vir die ander twee klasse, die rykes en die armes, wat net belangstel in meer mag en geen moraal het nie.

Hierdie verkiesing demonstreer weereens die geheime alliansie tussen baie ryk en arm. Hulle is uiterstes, maar ook eenders, daardie perfekte sintese wat kommunisme moontlik maak.

In daardie opsig is Trump se presidentskap, om sy eie woorde te leen, die laaste redding vir die beskawing.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Kalium_Chloraat

    Liberaliste en hul geelpers het vergeet dat jy nie jou eie propaganda as die ware stand van dinge moet vertrou nie.

  • Antonie Geyser

    Ek weet nie hoekom die ontevredes soo aangaan nie. Dit is n feit dat daar groot korrupsie in amerika se politiek is, die lobby groupe moet vasgevat word; ook waar is dat die ‘sirkus van verkiesing’ wat so baie geld opslurp en nou n industrie is eintlik reggemaak kan word deur DT. DT is n kapitalis; dit is ver verwyder van sataniste en liberalistiese meelopers. Miskien moet die pers in usa ook verhoor word in n tipe ‘anti-amerika-values’ hof, kry hulle uit hul ‘power propaganda position’ gemaksone

  • Suidpunt

    Iets wat my self pla hier is die terloopse rol hoe die populêre kultuur hierby betrek word…

    Heel toevallig soek ek vanaand Jennifer Rostock se “Uns gehört die Nacht”, wat ek toevallig oor die aanlynradio gehoor het. Mens leer mos so lirieke, en deur die lirieke leer jy taal. Google Play het hom nie, maar ek kom toe af op Blutengel se “Uns gehört die Nacht”. Iets aan die lied herinner my aan vampiere:

    Erst wenn die Nacht den Tag besiegt
    und die letzten Schatten fliehen.
    Erst wenn die Dunkelheit regiert
    kommt unsere Zeit.

    (Eers wanneer die nag die dag oorwin,
    en die laaste skadu’s vlug,
    eers wanneer die donkerte regeer,
    kom ons tyd)

    Wir sind auf der Suche nach Unsterblichkeit.
    Wir haben keine Angst vor der Ewigkeit.
    Uns gehört die Nacht
    bis ein neuer Tag erwacht.

    (Ons is op soek na onsterflikheid
    Ons is nie bang vir die ewigheid nie
    Aan ons behoort die nag
    tot ‘n nuwe dag begin (ontwaak))

    Treffende ritme, terloops. Hoewel dieselfde kunstenaar ‘n lied “Lucifer” geskryf het (waarin die Naam Jesus Christus openlik na die hel gestuur word), waarvan ek glad nie hou nie.

    Omdat hierdie laasgenoemde liedere heel eufemisties gekategoriseer word as Goth/Industrial (swaarmoedigheid, nihilisme, eksistensialisme, godsdiensweerstand, ens.), raadpleeg ek Wiki hieroor: die Goth-groepe en ander subkulture is glo apolities, maar sodra jy hulle in ‘n blik druk, sal hulle eerder as linkses ontpop. Dit moet my seker nie verbaas nie, want by die Wikimania Konferensie in Mexiko ‘n paar jaar terug word Goth-bybehore en liberalisme in dieselfde asem genoem. Dit kon ek glad nie verstaan nie: ek dag dan Goths is juis téén die hoofstroommedia ook. Dalk is hulle ook net “nuttige idiote”.

    Is dit juis omdat Hillary en kie eerder vernietigers is as skeppers?

    Maar wat is Altregse, Neoregse of Verregse kuns dan?

    En net daar tref dit my: wanneer laas het ons ooit optimistiese kunswerke gesien, gelees of gehoor? Met die uitsondering van Langenhoven se “Loeloeraai” (sterk ook nasionalisties gekleur) en die produkte uit die Belle Epoque, wat geglo het die mens is op die opdraende pad na ‘n hoër mensdom en beskawing (a la Aristoteles se entelechie, of die eindprodukmens, of die einddoel, met die humanistiese sousie ryklik besprinkel), het sedert die 1960’s dinge of oppervlakkig, seksueel, of kru, of platvloers of neerdrukkend geword. Ek het vir die soveelste maal ‘n distopie gelees, of Gotiese literatuur, wat jy met moeite uitvis tussen die soveelste Krimi, soetsappige liefdesroman, slawerny en vergelding, of ontstellende feministiese nael wat weer getjip word. Goed, raak jy weer té optimisties vloek mense jou seker vir iets esoteries of “nog ‘n kultus” of “New Ager” uit. Of miskien is dit seker weer “neokoloniaal”. Maar tog… Waarmee besiel jy mense? Seker maar vrolike en veelkleurige kinderboeke, hoe anders? (Tans ontvlug ek na boeke oor weerwolwe…)

    In die Afrikaanse letterkunde sukkel ek werklik om opbouende en optimistiese boeke te vind (ek praat nou nie van politieke boeke wat veronderstel is om my in te lig nie: ek praat nou van romans, dus, fiksie). Gewoonlik is dit sulke swaar goed. So nou en dan kry jy Dan Roodt wat die spot sou dryf hiermee in die parodie “Moltrein” (van die Sestigersromans) om mense bietjie tot hul sinne te ruk. Goed, daar is Sheila Cussons wat mistieke oomblikke in haar digkuns uitgebeeld het waar die spreker met God verenig word (wat slegs enkele Katolieke heiliges glo kon regkry), maar oor die opbou van beskawings sê die romans nie veel nie. Die meerderheid van die kere is dit: so sal die beskawing lyk as hierdie verkeerde pad gevolg word. Aanmanings en waarskuwings. Maar selde word die regte pad futuristies bekyk.

    • Vicky

      Luister na die nuutste Red Ice oor Alt Reg Kuns. Die Alt Reg het die “meme” vervolmaak.

      • Suidpunt

        Dankie!

  • Gas

    Wat het van my bydrae wat ek gisteraand hier gepos het geword?

  • Ou Transvaal

    Daar was en is nog steeds hardnekkige gerugte van verkiesings bedrog met die Soros beheerde komperkiesstelsel wat gerat was om Hillary sterk sou laat wen, wat toe nie kon gebeur op die beplande skaal nie , juis omdat die mense daarvoor op die uitkyk was. Dit was eers laat in die weergee van verkiesings uitslae dat dit blyk dat die gekookery begin wys het ; moontlik om die na-verkiesing chaos aan te spoor??

    • En nou roep die Klomp Bedrog, kyk liberale is maar ‘n dom klomp, verstaan hulle nie dat as daar ondersoek ingestel word hulle dalk ‘n paar leiers in die tronk gaan sien. Maar dan weer na so 27 jaar sal Hillary dalk die kans kry om President te word, is dit nie hoe Mandella dit gedoen het nie?

  • Ek begin die Naweek aan die Boek lees “Verwoerd aan die woord” In die voorwoord, logal ‘n lywige een, beskyf die die skywer ‘n bietjie van die geskiedenis van Apartheid. Die een deel beskryf dan ook die tyd to Verwoerd verkies is en dit is duidelik dat die reaksie op Verwoerd se verkiessing die selfde was as die verkiessing van Trump. Kort na hy eerste minister geword het was daar dan ook ‘n poging tot assenasie deur die liberale.
    Al die Reine idees van Apartheid het dan ook nie tot hulle volle reg gekom nie omdat die Liberale gesorg het dat die bevolking wat daardeur sou baat in opstand gekom het daarteen.
    Ek wonder of Amerika onder die selfde vernietegende liberale aanval gaan deurloop?

    • Suidpunt

      UITMUNTEND! Ek het daardie boek ook hier in my rak (ongelukkig het ek die stofblad geskeur, maar die boek self is nog skitternuut). Gaan asseblief ook na die stuk oor Beeldradio op bl. 326 tot 333. Vroeër vanjaar het die lot in Die Burger omtrent gal gebraak hoekom die TV eers 1976 gekry is. Maar nie een enkele keer het hulle verwys na die “Wet van die Remmende Voorsprong” nie. Inteendeel, Verwoerd is nooit die spreekbeurt gegun nie: hy is nooit aangehaal nie. Verwoerd het geweet daar was nie geld om te mors nie: die TV was nog wit en swart (wat onnodige geld sou kos om op te gradeer) en boonop was die reikwydte en frekwensie nog nie heeltemal gestandaardiseerd of wyd genoeg om die hele land te dek nie. Daarom het hy gesê: WAG. Buitendien, as jy op die randjie sou staan om Republiek te word, waarom nie eerder die geld aanwend vir damme, spoorweë ens. nie. En nie wat nie: as die TV privaateiendom word (soos DStv), gaan dit nie alleen hier om materialisme of die hoofsaak van die firma om hulle eie produkte te bemark nie, maar ook die pryse van die produkte van buiteperde sal in die proses verhoog word.

      • Sal nog die boek deur lees, het lank gesoek na hom, kan op internet koop maar het al slegte ondervinding gehad. Alles wat ek al van Verwoerd gelees het dui daarop dat hy baie omgegee het vir die Swart bevolking. Maar ek glo as ek die 59 toesprake gelees het sal ek my eie opinie kan vorm

  • Rifrug

    “selfdissipliene” moet seker wees ‘selfdissipline’