Rapport: ‘Dom’ Leopold Scholtz knip en plak verkeerd oor Hillary

Leopold Scholtz wys met 'n handgebaar hoeveel hy weet: 'n Ronde nul

In ‘n merkwaardige erkenning van hul rubriekskrywer Leopold Scholtz se onbeholpenheid en “dom fout” oor die aantal afgevaardigdes van die Amerikaanse kieskollege, bied Rapport vandag teenoor ‘n leser verskoning aan. Nie net kon Scholtz nie die eenvoudige optelfout in sy somme raaksien wat ‘n laerskoolkind geredelik sou eien nie, maar hy het ook voorspel dat sy heldin, die liberale mev. Hillary Clinton, “gemaklik 263 kieskollege-stemme op haar (sou) verenig”.

In ‘n lesersbrief kla Almero du Preez teenoor Rapport en Netwerk24:

Leopold Scholtz voorspel verlede week in sy artikel dat Hillary Clinton gemaklik 263 kieskollege-stemme op haar sal verenig, Donald Trump 164 en dat 123 onseker is. Dit gee ’n totaal van 550 afgevaardiges en nie die werklike 538 nie. Is dit ’n drukfout? Of is dit te veel gevra om ingeligte syfers van Rapport te verwag? En toe wen Trump boonop!

Die syfers is oorgeneem van die Amerikaanse webblad RealClearPolitics en was inderdaad verkeerd. Jammer vir die fout. Met oplettende lesers soos Almero kan ons nie bekostig om sulke dom foute te maak nie. – Redakteur, Rapport.

Scholtz is bekend daarvoor dat hy menings en kommentaar vanuit oorsese publikasies oor buitelandse politiek in Afrikaans herskryf en as sy eie aanbied. Dis egter die eerste keer dat hy uitgevang word dat hy letterlik inhoud vanaf ‘n ander webblad “knip en plak” sonder om die ooglopende teenstrydigheid daarvan raak te sien.

Praag het Scholtz  om sy reaksie genader, maar tot dusver geen antwoord ontvang nie. Sodra dit egter verkry  word, sal dit hier bygewerk word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.