Baie dankie, oom Tokyo

ImageDit is seker niks nuuts dat mnr. Sexwale op openbare radio gekla het dat hy al weer “verkeerd verstaan” is deur lede van die opposisie nie. Die feit dat die stelling wat ‘n week of wat gelede gemaak het en nou begin om homself te verdedig, dui aan dat hy êrens ‘n flater gemaak het, wat hy nou probeer toesmeer.

En dat die stuk sy betekenis in die vertaling verloor het, is maar net nog ‘n verskoning. Woorde wat eenkeer geuiter is, kan ongelukkig nie teruggetrek word nie, en dit is iets waarmee hy maar moet vrede maak.

Ek wonder waar die “ryk Afrikataal” waarvan hy praat vandaan kom, want indien dit nie was vir die vorige regering se baie harde werk nie, het vele van die plaaslike tale glad nie eers behoorlik op papier gekom nie, en ek sê nie hier dat die swartmense dit neergepen het nie. Dit is die blankes wat maande en jare se werk ingesit het, en hope geld wat as mens so kyk nou in die water gegooi is, om vir al die “ryk” inheemse tale woordeboeke op te stel, en ook die Bybel in hulle onderskeie tale vertaal het. En nou kan ek met reg vra, vir wat?

Indien die Bybel se beginsels enigsins posgevat het, sou daar nie in die Nuwe Suid-Afrika, en selfs in die oue plek wees vir soveel bygelowe dat mens ensiklopedieë sou kon vol skryf met die goed nie. En dit is hier waar die KVP se besware teen die stellings van oom Tokyo heeltemal gegrond is. Siende dat ons weet hoe bygelowig die swartman is, vat dit nie ‘n vuurpylingenieur om uit te werk dat die “ouer dames” wat sogenaamd op televisie rondgeparadeer is se lewens werklik in gevaar kan wees nie, aangesien mens tog van tyd tot tyd lees hoedat swart vroue as hekse verbrand en vermoor word.

Rondom die woord “takhati” wat hy sou gebruik het, uit watter een van die 11 amptelike tale sou dit kom? Ek het in ‘n skoolwoordeboek met so ‘n paar swart tale gaan loer en die beste waarmee ek kon opkom, is die volgende.

Xhosa              Zulu             N-Sotho      S-Sotho       Tswana
Igqwirhakazi   umloyi         moloi           moloi           molôi    (heks,towenares)
-thakhatha       -thakathela  -loya             -loya            -lôa       (betower)

Wat bogaande aandui is dat daar geen definitiewe spelreëls is oor hoe woorde gespel word in ten minste twee van die tale wat hy genoem het in sy verweer teen beskuldigings dat die KVP heksery in hulle veldtog gebruik nie.

En hier kan ek weer die vraag vra, wie is dit wat die moeite gedoen het om die taal in ‘n woordeboek op te neem, want hier sien ek vir die 7 tale, wat Afrikaans en Engels insluit, net een swartman se naam, en wat die res betref, bevat 4 uit die 5 swart tale blankes se name as samestellers van die woordeboek.

Wel wel, mens kan net wonder oor hoekom dit so sou wees. Dalk omdat die swartman maar net nog nooit bekwaam genoeg was om so iets vir homself te kan doen nie of dalk nie omgegee het nie. En dan kom vertel oom Tokyo vir ons dat die swart taal so “ryk” is aan beelde.

Met verwysing na sy beskrywing van Engels as ‘n kombuistaal kan ek net my kop skud. Sover my geheue strek, is daar baie lank terug in ons land se geskiedenis ook verwys na Afrikaans as ‘n kombuistaal, maar nou skielik het die man die reg om Engels ook te noem?

Hokaai mnr. Sexwale! Dit is die taal waarvoor julle klomp swartmense soveel drama veroorsaak het in 1976, omdat julle dit as onderrigtaal wou gehad het. En nou kom beledig jy dit waarvoor jou makkers so hard gestry het? Komaan! Dit werk nie so nie.

Jy en elke “suksesvolle” swarte in die land weet dat julle swart tale julle nie ‘n enkele tree sal help om internasionaal mee te ding nie. Ek kan waarborg dat baie van jou miljoene nie gemaak is deur net in Zoeloe, Xhosa en Sotho te praat nie, maar Engels.

Ons almal weet dat jou Maybach-rydingetjie (wat meer kos as wat baie mense in hulle leeftyd sal verdien) nie in Zoeloe bestel is nie, maar in Engels, sou hou maar op met jou hoogheilige houding.

Ek kan hier byvoeg dat selfs al is dit ‘n kombuistaal, die meeste swart kinders wat voor my huis verbyloop op pad van die skool af, nie eers naastenby ‘n begrip het van die taal nie. Hulle kyk mens met groot oë aan as mens netjies, beskaafd in Engels vra dat hulle nie moet hardloop nie maar net moet stap, omdat die hond hulle dan nie sal wil storm nie (selfs al is hy agter ‘n heining).

Ek wonder of met die sogenaamde “ryk” taal en uitdrukkings waarna daar verwys word, wat so vryelik aan oom Tokyo en kie beskikbaar is, daar ook vergunnings gemaak sal word vir Afrikaans se taalrykdom en kultuur om weer na vore te kom.

Ek bedoel dat ons weer met vrymoedigheid sal kan verwys na nasies, soos dit in die volksmond was vir geslagte lank voordat die ANK en liberale elemente dit alles kom opdons het met hulle politieke geveinsdheid en korrektheid.

Ek kan hier eerlik sê dat in die apartheidsjare ons in die weermag baie minder politieke snert gehad het onder die rasse as wat ons nou het. In die werkswinkel en op tegniese kollege het ons mekaar openlik darkies, kypies en whities genoem, en niemand het aanstoot geneem nie. Sulke aksies vandag sal in alle waarskynlikheid lei tot tugstappe teen van die partye op die minste en meer waarskynlik tot ‘n skietorgie soos wat al in sommige militêre basisse plaasgevind het. Die geval by die lugmagbasis in Pretoria is ‘n sprekende voorbeeld.  

Mens kan ook wonder oor hoekom die man so vasgenael gesit het voor die TV toe die advertensie van die KVP uitgesaai is, maar ek kan verstaan, hy moet darem op hoogte bly van sy vyand se optrede. En rondom die ouvroue wat sogenaamd geparadeer is, kry ek die indruk dat hy wel beïndruk was. Om watter rede weet net hy alleen (dalk het hulle hom betower?).

Haai boet, jy is getroud, en nogal met ‘n wit vrou, so bly maar eerder tuis, want anders as die swart vroue se verdraagsaamheid met hulle mans se rondlopery agter nyatsi’s (meisies) aan, mag dit jou dalk duur te staan kom as jy na groener (ouer?) weivelde sou gaan soek. Praat van betowerende (askies, bekoorlike) “ou” dames.  

Ek vind dit net baie interessant dat ‘n wel opgevoede man soos Tokyo Sexwale so maklik opinies het oor wat ander mense dink, doen en sê, maar dat hy tog in sy wese net soos die res van sy ongeletterde broer en susters is op wie hy so maklik neersien.

Die bygeloof en tradisies onder die swart nasie is ook een van die redes hoekom die land in so groot gemors verkeer dat dit tans voorkom asof niks ooit weer sal herstel nie. Die verspreiding van MIV/Vigs is maar net een voorbeeld, want in baie gevalle “erf” ‘n man wat gesterf het se broer sy vrou, huis en die hele lot, volgens tradisie. As die een persoon dalk Vigs gehad het, gaan dit soos ‘n veldbrand deur die familie versprei. Die gewoonte om eers kinders te hê sodat die vrou haar “vrugbaarheid kan bewys” is nog so ‘n voorbeeld, asook die gewoonte om los meisies te hê waar die mans ook al heen gaan.

Ek wonder wat die kommissie vir geslagsgelykheid veronderstel is om te maak uit die klagte wat die KVP gelê het. Iets wat algemeen bekend is, is dat indien ‘n klagte teen ‘n swartman, en veral een so hoog, magtig en onaantasbaar soos Tokyo Sexwale gelê word, daar ongeveer niks van gaan kom nie. Klaarblyklik het die KVP vergeet dat dit die ANK was wat die liggaam in die eerste plek daargestel het, om hulle te dien, en nie die volk soos wat algemeen geadverteer word nie.

Dieselfde geld ook vir die meeste van die kommissies, komitees en ondersoekrade, wie se woord net aanvaar word wanneer dit die ANK-regering sou pas. Dit het meer as een organisasie al uitgevind, onder andere die DA en die VF+ wat gekla het oor Julius Malema se “ons sal moor vir Zuma”-opmerkings.

Of daar enigsins iets sal gebeur na aanleiding van die advertensies van die KVP en hulle reaksie op Sexwale se kommentaar sal net die tyd ons leer. Intussen, moet ons maar ligloop vir die “takhati”, voordat hulle ons ook bekoor.

компрессор со 7аФильчаков прокурор харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.