Dan Roodt: Beeld vloek steeds oor Trump

Verlede jaar het Beeld en al sy slimjanmeningsprekers soos Leopold-skuim-om-die-mond Scholtz ons verseker dat Donald Trump nie eens een persent kans had om die Republikeinse kandidatuur te verower nie, wat nog te sê Amerikaanse president te word. Vir ‘n (anglisisties) Afrikaanse koerant het die Hillary-koors hoog geloop by Beeld; ‘n mens sou sweer almal daar droom daarvan om New York toe te emigreer waar hulle onder burgemeester Bill de Blasio politieke korrektheid in sy volle geweld kan smaak.
Gister maak ek dus met groot moeite Netwerk24 se webblad oop – daar is mos deesdae ‘n betaalmuur, asof enigiemand vir ANC- en EFF-propaganda sal betaal – om te kyk wat sê al die politieke fortuinvertellers toe. Iemand van Media24 het glo voorspel dat Hillary eergister die grootste verkiesingsoorwinning “in die geskiedenis” sou behaal.

Iewers in die gepoog satiriese rubriek in Beeld, sê Lood toe oor Trump se oorwinning:

“(O)ntleders, kommentators, akademici en les bes joernaliste vee nou nog die eier van hul gesig af…”

Selfs vir Beeld met sy cliché-gelade kort sinne soos laerskoolkinders wat nog leer om opstel te skryf, is dit ‘n afstootlike anglisisme (“wiping egg off one’s face”). Dis dalk die enigste waarheid wat ‘n mens ooit in Beeld gaan lees, want Lood het gelyk dat min mense deesdae joernaliste en akademici ernstig opneem.

Trouens, die meerderheid Amerikaners wat Trump ingestem het, het hulle nie gesteur aan die dikwels histeriese aanvalle en swartsmeerdery waaraan “objektiewe verslaggewers” hulle feitlik wêreldwyd teen hul kandidaat skuldig gemaak het nie.

Toe ek in Mei in die VSA was, het iemand by ‘n konferensie gesê: “Die media praat uit een mond.” Hoe waar is dit nie! Joernaliste en meningsvormers praat mekaar klakkeloos na en huldig almal byna identiese links-liberale (en anti-blanke?) standpunte. Slegs op sosiale media en woernale kom ‘n mens ‘n diversiteit van denke en menings teë.

Trump het nie net teen die korrupte mev. Clinton gewen wat invloed in die VS-regering aan die hoogste bieër verkoop nie, maar ook teen die hoofstroommedia. Eintlik is dit merkwaardiger as wat mense besef.

Indien joernaliste hier en oorsee hoegenaamd enige geloofwaardigheid wil herwin, sal hulle ernstig die hand in eie boesem moet steek. U weet en ek weet egter dat dit nie gaan gebeur nie.
Vandag bereik Beeld ‘n nuwe smerige laagtepunt in sy kommentaar oor Trump in ‘n vuilbekrubriek deur Rian van Heerden waarin hy Donald Trump met Kim Jong-oen en Osama bin Laden vergelyk:

Die ongelukkige gevolg hiervan is dat daar nou meer geleenthede is vir ’n d**l om tot bo te dryf.

So het die Husseins, Al-Assads, Bin Ladens en Kims tot reg bo gevorder. En nou ook Donald Trump.

 Beeld is preuts genoeg om die woordjie “drol” met sterretjies te bedek, maar die aaklige, onredelike onnoselheid wat so ‘n uitspraak onderlê, word helaas nie verdoesel nie.
Trump is my held omdat hy die hoofstroommedia met die minagting behandel het wat hulle verdien. Hy behoort Media24  vir laster te dagvaar omdat hulle hom met Bin Laden en ontlasting vergelyk.
Die swart studente wat riool op kampusse strooi, het “akademiese debat” tot ‘n nuwe verskynsel omvorm, want blykbaar doen sekere aapspesies sulke goed. Maar voordat iemand my en Penny Sparrow vir tien jaar tronk toe wil stuur, gee ek toe – soos die sêding uit toeka se parlement lui – dat “die helfte van Beeld se redaksie nie bobbejane is nie”.
Ten minste strooi hulle nog net verbale ontlasting. Daarvoor moet ons hulle seker dankbaar wees, want binnekort vorder hulle dalk – soos hul geliefde “studente-aktiviste” – tot die letterlike daad.

Ondersteun alternatiewe media – sluit aan by PRAAG!

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Ek glo dat in Amerika baie van die netwerke ‘n klomp kykers gaan verloor, die oproer wat tans in Amerika heers is sekerlik gebore uit die skok wat die mense gekry het toe die tellings uitkom. Die doek was voor hulle almal se oee weg geruk en ek dink almal van die linkse gedrogte is totaal en al verblind deur die waarheid. Sodra hulle oor die ergste gekom het sal hulle begin ondersoek instel en ‘n klomp sal stellig besef wat die Nuus Netwerke gedoen het en ek hoop hulle kom tot die besef dat die indoktronasie wat hulle moes deurmaak van die Linkse media hulle totaal en al beroof het van logiese denke af.

    As Trump se regering nog binne die volgende 4 jaar kan bewys dat hulle nie die Rasiste en gemors is waarvan die Liberale hulle beskuldig het nie en ‘n paar van sy beloftes deur kan voer staan hy dalk ‘n kans om die volgende verkiessing met ‘n nog groter verskil te wen. Hy sal natuurlik ‘n totale gentelman moet wees vir die totale 4 jaar in die withuis en weerhou van “Locker room Talk”

    • Vicky

      Ek verskil, nou is juis die tyd wanneer hy ons vyande moet LOOI. Persoonlik verwag ek daagliks n Twitter status van hom, sodat ons weet wat aangaan.

      • Trump is nie die Regse Rasis wat hy voorgehou word deur die Demokrate nie, hy is baie meer gematig en ek glo hy gaan hom meer beeiwer vir die herstel en nasionaliseering van Amerika as wat hy gaan omgee vir ons.

        • Vicky

          Stem, maar onthou Nasionalisme sluit per definisie die “ander” uit. So dit is n “rassistiese” stelsel.

          • Amerikaanse Nasionalisme wat dan buitelanders uitsluit en alle Amerikaners insluit ongeag van ras of kleur. Afrikaner Nasionalisme sluit bv Engelse en ander uit, maar mag dalk Kleurlinge en swartes wat Afrikaans as huistaal praat insluit. Blanke Afrikaner Nasionalisme sluit slegs die Blanke Afrikaner in. Swart Nasionalisme sluit alle swart mense en die wat met swart identifeseer inwaarby Zulu Nasionalisme slegs die Zulu insluit.

            Nee Nasinalisme by definisie sluit nie uit op kleur of ras nie maar By Groep hetsy dit ras, kleur, taal of nasionaliteit.

          • Vicky

            As gevolg van waar die wereld op die oomblik is, beskou ek myself as n wit nasionalis. Wit mense benodig hulle eie “Ethno-State”. Dele van Amerika, en dan natuurlik die hele Europa. In Afrika gaan dit nie gebeur nie.

          • Wel die Afrikane wil Europa en Amerika toe hardloop, Trump en die regse Politikuste daar wil dit stop sit, maar so lank die oee daar is kan ons ons hier in die suide ordentlik vestig en ons self beskerm. So lank ons nie weer die vout maak om te dink dat die swartmens in staat is tot die selfde vlak van ontwikkeling soos wat Verwoerd se genirasie gedink het en die Liberale vandag nog. Soos in Orania moet daar nie werk verskaf word aan hulle nie.

          • Vicky

            Is Jan Malan n skuilnaam? Want hierdie post is beslis “onwettig”.

          • Nee dit is my naam, en wat sou nou onwettig wees daaraan om WEE toe te pas BEE is dan wettig?

          • Vicky
          • Wel as iemand my verkeerd kan bewys dan moet hulle dit doen, daar is meer bewyse vir dit wat ek se as anders om. Ons is verkillend en dit is hoe dit is, Blankes streef na ‘n sekere form van beskawing waarna die swartmens nie streef nie. Inteendeel hulle kom in opstand daarteen en beveg dit, menede die vraag na #Decolonisasie van Universiteite. Ontmoet mense laasweek wat van SA hier na Namibia toe verhuis het, hulle reken die graad van onderwys hier is baie hoeer as in SA kinders sukkel baie in skool. Die graad van onderwys in Namibia het baie verswak na onafhanklikheid, kinders leer nou in G12 wat ons in G10 geleer het. Nou vra ek myself af hoe laag moet die standaard in SA wees? Daar word nog steeds gemeen dat die standaard te hoog is, dit opsigself is bewys dat die strewe na hoee form van beskawing nie deel uitmaak van Swartbemagtiging nie, maar eerder die afbreek van standaarde. Daarom my mening dat Verwoerd & Kie die kat aan die stert beetgehad het. Ek is jammer dat jy die werklikheid as rasisme vertolk, maar werklikheid is juis die rede waarom ek sterk teenstandig tot hierdie gedwonge integrasie is, almal moet afgetrek word na ‘n laer vlak van beskawing om nie polities inkorrek te wees nie. Kyk net na hoe gaan die swartmense vandag nog in Amerika aan bv BLM en die EFF en die klomp Hooligans fan #FeesMustFall almal veronderstel om ‘n hoee vlak van opvoeding te he. Kyk na No1 en hoe die room van die ANC hom beskerm, en jy wil vir my vertel ek is rasisties as ek beweer dat die vlak van opvoeding bereikbaar verkil.

          • Vicky

            Ek stem 100% saam met jou. Ek is nog meer radikaal as jy. Ek probeer jou net beskerm.

          • Ek sit in Nam het nie sulke belaglike wette hier nie

  • Suidpunt

    Hmmmm… hoe lekker smaak hierdie cappuccino-in-‘n-sakkie nou.

    (Net gou die skuim om die mond afvee…)

    In elk geval. Ek is so dankbaar vir daardie betaalmuur. Dis amper soos ‘n porno-kanaal wat homself blok vir die niksvermoedende Googler of die omgewingsbewuste persone, soos die nimlike ekke, wat Ecosia gebruik (elke soektog = 1 boom wat geplant word; ek trek nou by 1 300 bome). En weet jy wat… in die proses van selfopgelegte proteksionisme van daardie nuuswebwerf beskadig hulle hoegenaamd nie Afrikaans of die onskuldige jong jeug nie. Dis nou eersteklas maatskaplike verantwoordelikheid. Want nou dwing dit my om buitelandse blaaie en tydskrifte te lees wat presies soos ek dink. Of Afrikaanse boeke oor die kommunisme uit die 1960’s. Of Oerhollandse boeke by Google Books en elders. Netwerk24 het my die geskiedenis leer waardeer. En daar is so baie van te kus en te keur!

    • Ou Transvaal

      Netwerk 24 is eindelik goed vir iets….om leiers van more in die regte rigting te dwing .
      Aanbeveling; lees GA Watermeyer se digbundel Duisendjarige ryk ,dit is op die nou van toepassing, ek vertrou dat dit op die web beskikbaar is.

      • Suidpunt

        Baie, baie dankie, ek is besig om vir my ‘n hele leeslysie op te bou…

        Miskien moet ek tog skryf hoe ek van denke verander het. Aangesien daar mos nou so baie jong outjies en doedies is van my ouderdom (in die 20’s) wat alles glo wat die media kwytraak.

        Op skool het ons “met lede ogen” ander skoolkinders aangekyk wat OranjeBlanjeBlou-hemde gedra het van “100% Boer”, juis omdat hulle die grootste suipers was en diegene wie se naam gereeld op die strafkaart verskyn het. Om “Boer” te wees was ‘n leë en goedkoop subkultuur. Ons was meer globalisties van aard: rekenaars, X-box, World of Warcraft, PlayStations, selfone, internasionale (eintlik Amerikaanse) gebeurtenisse: enigiets waaroor rekenaaroutjies kan saamgesels.

        Ek onthou in die jaar 2012 was ons besig met Prosa aan die universiteit in my honneursjaar. Ons was besig om “postkoloniale ontnugtering” te ondersoek. Nou moet jy ook begryp dat mens reeds 3 jaar lank letterkunde moes leer wat jou hele tradisionele waardestelsel bevraagteken het (meer postmodernistiese sienswyse). Op skool word die skuldsaadjie reeds in die skoolkurrikulums geplant. Alles is skielik verkeerd wat jy geleer reg is, en vica versa. Jy speel maar die speletjie soos van jou verwag word. Jy het ‘n konstante witskuldgevoel wat geweldig op jou skouers rus: niks wat jy sê of doen sal ooit kan vergoed vir die verlede nie. Die universiteite laat jou verder voel soos wat Langenhoven in die 1920’s van gepraat het: jy verstaan nie die doel in die lewe nie, jy verstaan nie hoe die goed wat jy op universiteit leer jou enigsins in die lewe of in die werksplek kan help nie. Die temas wissel van homoseksualiteit tot poesiëstukke oor die dood, nog meer politiek, nog meer feminisme, ens. Niks wat enige nut of opbouend of ter ondersteuning van tegnici is nie. Aan die een kant word gepreek om nie te stereotipeer nie, aan die ander kant word stereotipes geskep van “tradisionele blanke mans”. Pleks hulle het ons eerder ‘n handboek gegee: hoe om eensydige Marxisme in poësiestukke te eien. Gelukkig het ek ouers gehad wat genoeg kritiek gelewer het oor wat ek moes leer.

        Toe lees ek die voorgeskrewe “Om na ‘n wit plafon te staar” (2009) deur Jaco Kirsten. En ek begin my identifiseer met die hoofkarakter, wat totaal en al polities ongehoorsaam (inkorrek) is. Ironies genoeg uitgegee deur Tafelberg-uitgewers en uitmuntend resenseer deur Joan Hambidge (wat toevallig ook ‘n karakter in die storie is…). Die Burger se resensent het natuurlik geskarrel dat Naspers nie so erg is soos wat Kirsten dit in die boek maak nie. Nou dink jou in wat sou gebeur het as ek nie my honneursgraad voortgesit het nie. Ek sal seker altyd bly glo het wat in my voorgraadse jare aan ons opgedring is.

        Op ‘n manier het ek by die skryfstukke van Dan Roodt uitgekom. Ek kan glad nie onthou hoe nie. Seker maar kritiek oor hom (waarom skryf mense sulke lelike dinge oor hierdie man? Wie is Dan Roodt?). Of, miskien was dit die PRAAG-groep wat genoem is in ons universiteitboeke oor Taalpolitiek. En al hoe meer begin jy sê: hel, hierdie mense dink net soos my ouers. Ek kan niks hiermee verkeerd sien nie. En skielik begin jy bietjie vir bietjie agtergrond oor al die “verbode” onderwerpe doen: jy begin boeke uitneem oor die Volkstaat (waaroor uitvoerig oor die liberalistiese gevaar geskryf word), die meeste boeke wat deur Vaandel uitgewers uitgegee is, gevolg deur boeke oor die sukses van nasionalisme, gevolg deur die tekste wat D.F. Malan en Verwoerd werklik gesê het, gevolg deur die lees van “Moltrein”, asook die boek oor Kultuurimperialisme deur Dan Roodt (trouens, dit was my eerste boek wat ek by Google Play gekoop het). Ek dink ook Proff. Steyn en Van Coller se tekste het ‘n belangrike rol begin speel in hul alternatiewe uitkyk teenoor ander akademici wat hoegenaamd geen ander perspektief toelaat nie. Of miskien was ek net uitgekuier met die oorbekende liberale stemme wat nie my bordjie pap volmaak nie. Laastens is ek ‘n gereelde Sondagleser van Leon Lemmer se boekresensies en ander bydraes.

        Ondertussen begin jy ook baie gapings in die onderwys opspoor soos jy in die skool- en universiteitsgeskiedenis gaan rondkrap: Duits wat nie meer aangebied word nie, Latyn wat sedert 1994 verdwyn het (onthou, die meeste Middeleeuse tot 17de eeuse tekste is nou gratis beskikbaar op die web), die Mediëvistiek wat sedert die 1980’s nie meer in die geskiedenisvakke aangebied word nie (wat die Afrikanerkind met absoluut leë hande en geen geskiedenis laat). Woordeboekmakery wat stil gaan staan het, vertalings uit vreemde tale wat nie meer gedoen word nie, ens. Jy moet jouself vierkantig in die oë kyk en vra: Nou hoe wil die bliksems Afrikaans en die samelewing sien vooruitgaan sonder volledige kennis van die verlede? Jy voel leeg, onbekwaam, onbevoeg – hoe kan jy ooit droom om met byvoorbeeld Duitsers om dieselfde tafel sit en gesels oor onderwerpe waarvan jy nie op skool geleer het nie? Wat kan jy op die tafel sit wat hulle nie reeds weet nie? Kortom: jy voel absoluut minderwaardig. Jy plunder boekwinkels en biblioteke van bronne om daardie ewige agterstand uit te wis. Jy het geen keuse nie.

        Nodeloos om te sê: jy begin ‘n lysie opstel van kernpunte wat ons aangebied word (glo my, dit word jaar na jaar na jaar herhaal), wat niks met die werklikheid te doen het nie. Jy kan netsowel ‘n tabelletjie optrek. Die laaste druppel wat die emmer laat oorloop het was die ontnugtering van die sielkunde in die jaar 2013/2014. Daarna bevraagteken ek elke liewe stelsel. Elke liewe koerantberig. Elke liewe preek. Ek het my begin toespits op die uitwys van denkfoute of drogredenasies (fallacies). Eintlik is die goue reël doodeenvoudig: WAT VIR DIE EEN GELD, GELD VIR DIE ANDER OOK.

        • Ou Transvaal

          As ek mag aanbeveel-Veraad deur Klause D Vaque;
          Herkoms van ons Blanke Voorouers deur Frederick Haberman (white roots)vertaal deur Michael Eksteen;
          Laat ons geld maak deur Peter Banks.
          Wees dankbaar jy moes nie worstel deur voorgeskrewe boeke soos “Raka” nie , die was verantwoordelik vir die leesluiheid by ons ouer geslag.
          Jy doen reg deur alles te toets…..Jou Volk wag op jou.

          • Suidpunt

            Claus D. Vaqué se twee boeke het ek reeds gelees. Sy eerste boek het 21 000 kopieë van verkoop. Sy ander boek is uiters skaars, want dit is ‘n outobiografie in Duits: “An der Hand Gottes”. As mens hierdie boek klaar gelees het, verstaan jy ook waarom hy bankvas by die konserwatiewe Afrikaner gestaan het.

            Vaqué was van Pommere, maar moes as kind saam met sy ma na Friesland vlug tydens die Tweede Wêreldoorlog. Hulle moes voor die Sowjetsoldate uitwyk wat vroue voor die voet verkrag het. Sy pa was oorlogsgevangene en sou veel later terugkeer. Hy gaan handelskool toe, en na hy ‘n ruk in Hamburg was, gaan hy na Denemarke toe, waar hy miljoenêr word deur verspreiding.

            Hierdie deel van die geskiedenis is vir my uiters belangrik. Want tot in die 1970’s was die belasting eintlik superlaag in Denemarke en die haat teenoor diegene wat meer as jy het of “flambojant” leef so te sê afwesig. (Vergelyk Holland in die 1980’s…) Maar skielik kom daar ‘n ommeswaai waar die liberales veld begin wen en swaar belasting geplaas word op entrepreneurs. Waar hy ‘n dubbelverdiepinghuis kon bou met swembad en al (onmoontlik deesdae in Denemarke!) daag daar mense sonder afspraak konstant by hom op, wat sy hele werkery steur. Hulle sal dan die hele dag sit en vorms deurwerk, niks vind nie, dan loop. Dit het hom hope geld gekos. Later had hy genoeg daarvan en trek met sy vrou en twee seuns af na Suid-Afrika. Hier bly hy in Herbert-Bakerstraat, Groenkloof, in Pretoria. Die eiendomsagent het in die 1970’s gesê slegs die multimiljoenêrs bly daar. Met sy aankoms in Suid-Afrika ken hy Fries, Duits, Engels en Deens. (Sy seuns ken natuurlik Duits, Engels en Deens, en sal later Afrikaans op skool leer).

            Dit was hier vir Vaqué asof hy in ‘n paradys aangeland het. En wie sal hierdie paradys deur ‘n klomp politiek laat versuur? Soos hy deur Brasilië en ander Duitse nedersettings oorsee getoer het, het hy bevind Suid-Afrika is werklik nie so sleg soos wat die Duitse pers maak nie. Dit gaan trouens veel erger in Suid-Amerika as in Suid-Afrika. Die swartes en blankes lyk heel gelukkig en vriendelik op straat in Suid-Afrika – daar is geen sprake van ‘n land wat afbrand nie. Dit sien selfs beter as al die ander lande in Afrika uit. Ook hierdie deel van die boek is belangrik, want Vaqué bly in Pretoria, wat hy die Burenstadt noem, kom gereeld met Afrikaners en Engelssprekendes in aanraking, maar meng tog gereeld met die klein Duitse immigrantegroepe.

            Hy sien die kulturele verskeidenheid raak, en prent dit ook so by sy seuns in: almal is nie dieselfde nie, respekteer hierdie verskille.

            Hy gaan gereeld kerk toe, maar besef toenemend iets skeel met die Evangelische Kirche in Deutschland wat geld aan die Wêreldraad van Kerke gee, wat kommunistiese terroriste befonds. Veel meer as die NG-Kerke bly die EVK hamer op politieke betrokkenheid om Apartheid tot ‘n val te bring. Hierdie miljoenêr en die ander Duitsers weier volstrek. Dit kan Vaqué glad nie verstaan nie (ek aanvanklik ook nie): waarom sou jy ‘n landskap skep wat anti-Christelik is met Christengeld? Dieselfde met die VN wat Antiwesterse groepe befonds. Dit is hoe hy begin het met die skrywe van die boek soos ons dit ken.

            Ek sal die ander boeke ook deurlees, baie dankie.

            Oor die ou voorgeskrewe werke van julle tyd kan ek net sê: die onderwysers was verkeerd. Jy moet ‘n kind leer dat hy enigiets in ‘n poësiestuk kan raaksien, solank hy homself uitmuntend kan motiveer: daar is nie ‘n verstokte één korrekte antwoord nie. Raka kan mens Jungiaans interpreteer (Raka word die skadubeeld of onderbewuste wat vir die bewuste kom kuier, sodat individuasie kan plaasvind), dit kan polities volgens Spengler geïnterpreteer word (beskawings wat bedreig word deur agteruitgang) of dit kan “rassisties” bekyk word (Raka = swartes), of dit kan, soos in die postmoderne fiksieboek “Hostis” deur Francois Bloemhof, met empatie na die verstotene of outsider van die samelewing kyk. Raka kan nie slegs een ding voorstel nie.

          • Ou Transvaal

            Jy is ‘n yster!!!
            Raka het ‘n groot rol gespeel om rasse vermenging te bewerkstellig, ons was naiewe jong mense wat die stelsel vertrou het. Onthou asb dat die 94 verandering lank tevore begin soos met idees soos gesins beplanning in 1966 wat ons bevolkingsaanwas aan bande gele het sonder om dieselfde van” ander” volke te vereis.
            Ons was stelselmatig verswak en ondergrawe deur vertroude instelling waarvan die resultate vandag op die lappe kom .
            Daarmee moet ek ook bevestig dat ek veel eerder ons kinders in daardie sagtertye sou wou grootmaak as nou!!

          • Verkenner

            Mense soos julle gee my nog hoop op die Volk, al is ons min hier in die land van vlerkgegons anderkant die riviere van Kus…ons lewe in n besonderse tyd!

        • Antonie Geyser

          Boeke van Wynand du Toit: Judasbok, Josefskleed

          • Suidpunt

            Reg, ek teken dit aan: tot dusver het ons “Preussische Allgemeine Zeitung” en “Junge Freiheit” as dag- en weekblaaie. Ek weet nie of “Allgemeine Zeitung” van Namibië net nog ‘n spreekbuis van die Hoofstroommedia is nie. Iemand het op PRAAG iewers oor die Herero-sage ook A.E. Johann se “Südwest: Ein afrikanischer Traum” (1984) voorgestel, wat reeds in die boekrak op my wag. Ek wil ook nog “Kommunisme: teorie en praktyk” (1969) lees wat ook in my besit is. En dan moet ek nog Prof. Steyn se “Tuiste in eie taal” heeltemal deurwerk (ek het nog net hier en daar stukke gelees). En “Die Oplossing” van Leon Louw en Frances Kendall oor die kantonstelsels en meer. En die lywige “Triomf van Nasionalisme”, wat, kompleet soos in Numeri, hoofsaaklik uit name bestaan.

            Spengler se boeke moet ek ook nog deurwerk. Dan het ek nou ook hier:

            1. Wynand du Toit: “Judasbok, Josefskleed”
            2. “Herkoms van ons Blanke Voorouers” deur Frederick Haberman; (white roots)vertaal deur Michael Eksteen;
            3. “Laat ons geld maak” deur Peter Banks.

            Dit gaan my ook moeite kos om Frans te leer, maar daar is ‘n boek by my oor die Bo-Katanga se Mynunie. Mense, die blinkskoon en kraaksindelike hospitale, die moedersorg, die vis wat spesiaal uit België ingevoer is, die mooiste huise in Midde-Afrika… Alles in volkleurfoto’s. Dit is te verstane dat die eerste swart President so lank moontlik Pro-Westers gebly het, totdat die VN hom kom takel en onttroon het. Dit is werklik hartseer.

  • Antonie Geyser

    Ek dink Donald Trump gaan ok wees, hy is n ‘free market capitalist’; maar ek sou graag wil he dat die slim mense hier op die blad die idee van ‘Mindfulness’ bestudeer op internet en die meriete of negatiewe daarvan kan weergee

  • Gas
  • WALK

    ek wil weet wat gaan gebeur met die republiekeine wat teen Trump gedurende die verkiesings tydperk teen hom gedraai het? Ek hoop hul doen die regte ding en bedank. Trump moet nie rugstekers verdra nie.

    • Vicky

      Thy eye shall have no pity.

  • Kalium_Chloraat

    Soos ek gehoop het is NASPES amper katatonies: “Wat beteken Trump vir SA” gil hulle. Wel Trump is deur Amerikaners vir Amerika verkies en hy skuld SA niks. Hy sal juis die meeste respek kry wanneer hy Amerikaanse behoeftes vooropstel, maar ek het die idee hy sal nog meer Israel se behoeftes vooropstel. Die respek vir Putin kom juis uit sy vooropstel van Russiese belange en dit het ook die gloeiende haat teen hom aangevuur vanuit die Anglo-Amerikaanse establishment.

    Wat om van Trump te verwag? ek dink hy is net soveel deel van die establishment as die ander. Ek verwag ‘n paar populistiese “hervorminge”, maar dan sal dit maar op die ou tred aangaan. So ‘n “ontmoet die nuwe baas, dieselfde as die ou baas” ding. Die Hegeliaanse dialektiek marsjeer voort.

  • Gas
  • Karel Combrinck

    Mnr Trump se verkiesing is vir talle redes goeie nuus. Om mee te begin is dit goeie nuus omdat Hillary verloor het. Sy was ‘n katastrofe wat ‘n plek gesoek het om te gebeur. Maar die belangrikste van alles is die media wat so sleg op die neus gekyk het, in Suid-Afrika ja, maar ook wêreldwyd en veral in Amerika. . Eerstens het hulle die uitkoms van die verkiesing jammerlik verkeerd voorspel soos die rubriek sê . Maar voorts het die verkiesing ook bewys, dat die krag van mediapropaganda en mediabreinspoeling ver van onbeperk is. Die meerderheid mense in Amerika het hulle eie kop gevolg, hulle eie keuse gemaak en hulle aan die pro-Hillary propaganda afgevee. Dis ook die patroon wat in Europa aan die ontwikkel is. Dis baie goeie nuus. Dit lyk of die media as “meningvormers” se dae getel is.

  • Hans Onrust
  • Fork

    Die mense wat geglo het dat Clinton sal wen is ook die selfde mense wat glo dat korrupsie, diefstal en moord reg is.
    Ek het opgelet dat baie Suid Afrikaners wat Clinton ondersteun het, het nie ‘n idee waarvoor sy staan nie. Nie een kan vir my se byvoorbeeld wat is haar beleid oor aborsie en immigrasie.
    Vra ek hoekom ondersteun hulle Clinton, is hulle antwoord: “Want hy is onbeskof en het geen respek vir vrouens nie!”.
    Dis al wat hulle kan se.
    Dit maak my sommer die hel in as mense glo die skelm vrou en haar maters is die regte persoon.
    Ai tog!

    • Suidpunt

      Dit is seker dieselfde tipe mense wat nooit hulle kasregisterstrokies nagaan nie, dieselfde tipe mense wat nie hulle bankstate nagaan nie, dieselfde tipe mense wat nie die meterleser se lesing nagaan nie, dieselfde tipe mense wat naïef in die goedheid van die mens glo. Dit is dieselfde tipe mense wat nie die Republikeinse Party of die Demokratiese Party se handves ondersoek nie. Want waarom sou jy?