Dapper boer weer Wepener-plaasaanval af

Deel op

Die polisie in die Vrystaat soek steeds na ‘n vermeende aanvaller in verband met ‘n aanval op ‘n plaas buite Wepener vandeesweek.

Polisiewoordvoerder, Yanga Ngcukana, sê twee swartes het Woensdag omstreeks 09:00 op die 74-jarige Karel Hoffman, wat buite op sy plaaswerf geloop het, geskiet.

Ngcukana sê Hoffmann loop gereeld in die veld tussen sy vee en gaan ook die heinings na. Hoffman se plaas is naby die Lesotho-grens. Volgens Ngcukana was Hoffman byna klaar toe hy stemme naby hom gehoor het. Hy het twee swartes gesien en in hul rigting geskree. Die swartes het na bewering ‘n vuurwapen uitgehaal en op Hoffman losgetrek. Hy het skuiling gevind.

Nguckana sê Hoffman het teruggeskiet en een van die aanvallers in albei bene gewond. Dié gewonde man en sy makker het toe weggehardloop. Die swarte met skietwonde aan sy bene is later op Hoffman se plaas in die veld deur die polisie aangetref. Hy is in hegtenis geneem en is tans onder polisiebewaking in ‘n hospitaal in Bloemfontein. ‘n Geskokte Hoffman is ongedeerd.

Ngcukana sê die ander aanvaller het weggekom. Die polisie ondersoek ‘n klag van poging tot moord. Die verdagte sal in die hof verskyn sodra hy uit die hospitaal ontslaan word, sê Ngcukana.

Intussen sê die Wepener-landbouvereniging se voorsitter, Ulrich Wagener, boere van die distrik was vinnig om te reageer.

Daar is ‘n veiligheidsplan in plek en boere werk nou saam met die polisie. Hy sê mense in die distrik sal alles doen om mekaar te help in omstandighede. Almal in die distrik staan saam en vat hande in die stryd teen “misdaad”.

Bron: OFM Nuus

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.