Geween, gekners van tande en openbare geweld na Trump wen

Deel op

Protes is gehou vir ‘n tweede nag in verskeie Amerikaanse stede na die verkiesing van Donald Trump as president, maar die aantal deelnemers het gekrimp.

Woensdagaand het vandale brande gestig en vensters gebreek, Meksikaanse vlae rondgeswaai, die Amerikaanse vlag verbrand en doodsdreigemente teen Trump gemaak. Een Meksikaanse deelnemer het ‘n gewelddadige opstand teen Trump bepleit.

Trump-ondersteuners is aangeval en aangerand.

Jong meisies en gays het verdrietig gehuil oor die “verskriklike” uitslag, maar kon nie redes gee waarom dit so erg is nie. Die tjankbalies het meestal net geswets.

Die oproeriges het Donderdag voortgegaan met hul protes. Dit was hoofsaaklik jongmense sê ‘n Trump presidentskap sal diep verdeeldheid op grond van ras en geslag skep, maar kon ook nie verduidelik waarom sulke verdeelheid van belang is nie. Dit sal waarskynlik eerder daartoe bydra om van die onwettige immigrante uit die land te hou.

Die polisie in Portland, Oregon het Donderdag gesê hulle het gevalle van vandalisme en “aggressiewe gedrag” onder beheer gebring.

Intussen is die Hollywoodglanspersoonlikhede wat beloof het om die VSA te verlaat as Trump wen, tjoepstil.

Maar die beleggingsvleuel van die Wes-Kaapse regering, Wesgro, het hul anti-Trump houding uitgebassuin. Wesgro sê hulle is gereed om vooraanstaande Amerikaners by te staan wat na Suid-Afrika wil immigreer nadat Donald Trump die Amerikaanse presidensiële verkiesing gewen het.

Die uitvoerende hoof van Wesgro, Tim Harris, sê bekende figure soos die Hollywood-akteur, Samuel L Jackson, en ander het tydens die verkiesingsveldtog aangedui dat indien hul voorkeurkandidaat nie wen nie, hulle na ander lande sal emigreer.

Jackson se belofte was: “As daardie moederf***er president word, vat ek my swart gat na Suid-Afrika.” [If that motherfucker becomes president, I’m moving my black ass to South Africa.]

Die meeste persoonlikhede wat van die VSA wil vlug is Joods of swart. Die regter Ruth Bader Ginsburg wat Nieu-Seeland toe wou verhuis as Trump wen, het intussen teruggekrabbel. Nie een van die ander wil na Meksiko gaan nie, behalwe een Meksikaanse akteur.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.