Die Amerikaanse president, Barack Obama, en sy opvolger, Donald Trump, het ‘n 90 minute lange oorgangsvergadering in Washington gehou.
Die vergadering het langer aangehou as die beplande 15 minute. Trump het geskerts dat hy daarvan sou gehou het as dit nog langer geduur het. Daar was geen raadgewers of personeel teenwoordig by die ontmoeting nie.
Obama het sy steun aan Trump belowe ná die vergadering wat hy as “uitstekend” beskryf het. Trump het op sy beurt gesê daar was goeie en minder goeie punte. Hy het gesê hulle het verskeie kwessies bespreek.
Obama sê sy administrasie sal alles moontlik doen om te help dat Trump sukses behaal. Maar Woensdag, ná die uitslag, het Obama se perssekretaris Josh Earnest volgehou dat die president steeds glo Trump is onbevoeg om hom op te volg.
Die twee mans het hul ontmoeting by die historiese Withuis met ‘n stewige handdruk beëindig maar geweier om vrae van die media te beantwoord. Trump het Obama nie die oë gekyk toe hy sy hand geskud het nie.
Trump het Hillary Clinton Dinsdag in die presidensiële verkiesing verslaan. Sy oorwinning het die agt jaar van Obama se mislukte bewind verder belig.
Hillary het net soos Obama versoenend geklink en witvoetjie gesoek, aangesien sy vrees dat Trump haar krimineel sal laat aankla soos hy belowe het.