Trump se skitterende eerste 100-dag plan

Deel op

Aan die einde van Oktober, het die nuwe Amerikaanse president, Donald Trump in Gettysburg, Pa., ‘n plan vrygestel vir sy eerste 100 dae in die amp.

Die plan gee ‘n uiteensetting van drie hooffokusareas, naamlik die skoonmaak van Washington-korrupsie, wat termynperke op die Kongres insluit, die beskerming van Amerikaanse werkers en die herstel van oppergesag van die reg.

Sy plan bevat samewerking met die Kongres om 10 stukke wetgewing teen Obamacare in te stel, die muur by die Suidelike grens met Meksiko te finansier (met ‘n bepaling dat Mexiko die VSA sal vergoed), belegging in infrastruktuur aan te moedig, militêre basisse te herbou, skoolkeuse te bevorder wat tuisonderrig insluit en nog baie meer.

Woensdag, het die senaatsleier Mitch McConnell min entoesiasme vir sy planne getoon, veral die voorstel van termynperke. McConnell is ‘n jare lange teenstander van termynperke.

McConnell het ook koue water op infrastruktuurplanne gegiet en gesê dit is nie ‘n topprioriteit nie.

McConnell het egter gesê die einde van Obamacare is ‘n “redelik hoog op die agenda” saam met ‘n omvattende belastinghervorming en beter grenssekuriteit, maar hy het geweier om die Senaat se immigrasie-agenda verder te bespreek.

Trump het sy plan ‘n “kontrak tussen my en die Amerikaanse kieser” genoem wat afskop met die herstel van eerlikheid, verantwoordelikheid en verandering na Washington.

Op die eerste dag van sy ampstermyn, sê hy sy administrasie sal onmiddellik die volgende ses maatreëls toepas teen die korrupsie en spesiale belangegroepe se samespanning in Washington:

1. ‘n Grondwetlike wysiging aan termynperke op alle lede van die Kongres;

2. Beëindiging van die indiensneming van alle federale werknemers om die federale arbeidsmag te verminder deur uitvloei (die weermag, openbare veiligheid en openbare gesondheid sal uitgesluit word);

3. ‘n Vereiste dat vir elke nuwe federale regulasie, moet twee bestaande regulasies uitgeskakel word;

4. ‘n Vyfjaar verbod op die Withuis en die Kongres se amptenare om by lobbies aan te sluit nadat hulle die staatsdiens verlaat;

5. ‘n Lewenslange verbod op Withuisamptenare om steunwerwing namens ‘n buitelandse regering te doen;

5. ‘n Totale verbod op buitelandse lobbie-groepe wat geld vir die Amerikaanse verkiesing insamel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.