Johannesburgse lughawegebou vol water weens stortreën

Deel op

Benewens die chaos wat op die N3-snelweg en die R24 na die lughawe deur gistermiddag se wolkbreuk veroorsaak is, het die lughawegebou skade gely. Water het by die dak ingestroom en verskeie vloere van die gebou het plasse water getoon.

20161109_190040

Stukke van die dak en plafon het ook plek-plek na benede getuimel. Skoonmaakpersoneel het allerlei houers op die vloere geplaas om van die lekkende water op te vang.

lughawe2

Verskeie ingange van die lughawegebou is ook deur die reën beskadig.

lughawe1_640

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.