Johannesburg tot laat gisteraand ontwrig deur N3-vloedramp

Deel op

Tonele wat met dié uit die distopiese roman Bodem vergelyk kan word, het hul gister op die N3-snelweg oos van Johannesburg afgespeel, met dele van die snelweg wat in ‘n rivier verander is. Motors het begin dryf, teen mekaar gebots en ten minste twee mense het gesterf.

Die toneel gister op die N3 naby Gilloolys. Foto: Twitter
Die toneel gister op die N3 naby Gilloolys. Foto: Twitter

‘n Geweldige donderstorm het laat gistermiddag oor Johannesburg losgebars wat deur sommige as ‘n “wolkbreuk” beskryf is. Verkeer in die omgewing van die N3 wat ook die R24 na Jan Smuts-lughawe insluit, het heeltemal tot stilstand gekom.

Gisteraand laat om halftwaalf was verkeerspolisie en nooddienste steeds besig om gestrande motors en vragmotors van die snelweg te verwyder. Sowel die R24 van die lughawe af en die N3 was steeds plek-plek gesluit met verkeer wat botstil staan.

Gisteraand om halftwaalf tussen Edenvale en Gilloolys was nooddienste steeds besig om voertuie te verwyder
Gisteraand om halftwaalf tussen Edenvale en Gilloolys was nooddienste steeds besig om voertuie te verwyder. Foto: Praag

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.