Trump is die wenner!

Deel op

Dit was ‘n beslissende demonstrasie van die mag wat werklike kiesers hou omdat hulle gevoel het dat die belofte van die Verenigde State te midde van dekades van globalisering en multikulturalisme niks opgelewer het nie.

Donald Trump se groot oorwinning het die nuttelose rol van die hoofstroom se “kenners”, peilings, “politieke ontleders” en ‘n spul groot skenkers wat invloed wil koop, oorbelig.

Verwagtinge dat Trump ‘n “onmoontlike” taak gehad het om die 270 nodige stemme te wen, was gou-gou verydel.

Clinton se hoop op ‘n vinnige oorwinning het vervaag terwyl die Republikeinse kandidaat spoed opgetel het in ‘n reeks state en momentum gebou het.

Weke lank is voorspellings gemaak dat die Clintons weer die Withuis sal beset, en hulle kanse is op baie beter as 50 persent geskat, maar sommige verwagtinge van derdewêreld-entoesiaste by Naspes en RSG was kennelik te hoog.

Snobisme, hoon en spot teen Trump, wat sommiges beskou het as “argumente”, het nou plek gemaak vir histerie.

Ten spyte van Trump se polariserende kommentaar oor vroue, Latyns-Amerikaners, Moslems en immigrante, het hy loshande gewen.

Teen Maandagaand het gerugte van die Clinton-raadgewer, John Podesta, se eposse na pedofiele, mensehandel in kinders, Satanistiese rituele, dik geloop, terwyl die Clinton-surrogate bekommer het oor “vroueregte”.

Dit was nie alleen wit Amerikaners nie, die mense Clinton beledig het as lae-klas “betreurenswaardiges” wat die kishou toegedien het nie. Clinton het baie slegter gevaar as Obama in 2012 onder swart mans en Spaanse vroue, volgens CBS News.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.