Massagrafte van ISIS-slagoffers ontdek

Deel op

Irakse ondersoekbeamptes het gister (Dinsdag) ‘n massagraf wat naby aan Mosoel, die stad wat in die hande van die Islamitiese Staat-groep (ISIS) is, ondersoek nadat dit die vorige dag deur Irakse troepe ontdek is.

Die skokkende fonds is die jongste voorbeeld van massagrafte wat in gebiede wat van ISIS bevry is, ontdek is. In sowel Irak as Sirië het die groep duisende mense summier tereggestel met massagrafte wat ‘n donker getuienis van hul brutaliteit is.

Beeldmateriaal toon beendere en ontbindede liggame tussen stukke klere en plastieksakke. Dit is deur ‘n stootskraper opgegrawe nadat Irakse troepe ‘n sterk ruik waargeneem het, toe hulle Maandag in die rigting van die dorp, Hamam al-Alil beweeg het. Die dorp is ongeveer 30 kilometer van Mosoel geleë.

“Ondersoekbeamptes het Dinsdagoggend ingevlieg en is onderweg na die graf om die oorsake van dood vas te stel,” het ‘n kabinetswoordvoerder, Haider Majeed, gesê.

Die eerste amptenare op die toneel sê die graf, naby ‘n landboukollege, bevat ongeveer 100 liggame en baie van hulle is onthoof.

Dit is nie duidelik wie die slagoffers is nie, maar ‘n soldaat op die toneel sê ‘n speelgoed-diertjie is tussen die verrottende oorskot gevind.

ISIS militante het ‘n reeks massamoorde uitgevoer sedert dit in die somer van 2014 groot dele van suid- en sentraal-Irak ingeneem het. Hulle het dikwels hul gru-dade met foto’s en video’s op die internet gedokumenteer.

Die veldtog om hulle uit Mosoel, Irak se tweede grootste stad, te verdryf, het op 17 Oktober begin.

Irakse troepe en Koerdiese pesjmerga-magte sak nou op Mosoel toe, al is die diepste penetrasie in die stad se oostelike deel gehalt nadat die militante ‘n teenaanval op die spesiale magte in beboude en digbevolkte gebiede van stapel gestuur het.

In die noordooste, ongeveer 13 Kilometer van die stad af, het pesjmerga-magte hul opmars na Bashiqa, wat grootliks verlate is met die uitsondering van IS-vegters voortgesit.

Mortiervuur, die klank van outomatiese wapens en ontploffings kon regdeur Dinsdag gehoor word met ‘n dik kolom rook wat oor dele van die stad gehang het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.