Malema belowe sy bendes dat hulle wit grond sal vat

Die EFF-leier en liefling van Britse Marxiste, Julius Malema het Maandag ná sy hofverskyning in Newcastle sy bendes vertel dat grond in wit besit op “enige manier nodig” gevat sal word.

“Die wit minderheid, wees gewaarsku: Ons sal ons grond vat, dit maak nie saak hoe nie. Dit word onvermydelik. Die grond sal gevat word op enige manier nodig. Die grond sal aan swart mense teruggegee word,” het Malema aan duisende EFF-ondersteuners buite die landdroshof in Newcastle belowe.

“Hulle (wit mense) het hulle (swart mense) geslag soos diere. Ons vra nie vir die slagting van wit mense nie. Ten minste vir nou,” het Malema die massa aangehits.

Malema word daarvan aangekla dat hy die Wet op Oproerige Byeenkomste oortree het deur mense aan te hits om ‘n misdaad te pleeg.

Die saak is tot 7 Desember uitgestel tot die Rooi Nar se regspan aansoek by die hooggeregshof gaan indien om die “apartheidswet” ongrondwetlik te laat verklaar.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.