Obama soek opening met Iran

Deel op

President Barack Obama het gesê sy administrasie soek na geleenthede om direkte gesprekke te open met sy jarelange teenstaander Iran, maar dat daar jare se wantroue is wat moeilik is om te oorkom.

"My nasionale sekuriteitspan kyk tans weer na die bestaande Iranbeleid, om te sien waar daar gebiede is waaroor ons Imagekonstruktiewe dialoog kan voer, waaroor ons direk met hulle kan gesels," het Obama Maandag tydens 'n perskonferensie gesê. "My verwagting is dat ons sal kyk na openinge in die komende maande wat geskep kan word waar ons kan begin om van aangesig tot aangesig by 'n tafel te sit."

In sy eerste spitstydperskonferensie as president, het Obama sy verkiesingsveldtog belofte herhaal om drie dekades van onmin met Iran in oënskou te neem, maar geen voorbeelde gegee van moontlike vennootskappe nie.

"Nou is die tyd aan Iran te suggereer dat hulle anders moet optree en ook om te erken, dat terwyl hulle regte het as lid van die internasionale gemeenskap, verantwoordelikhede saam met die regte kom."

Oor Afghanistan het Obama gesê dat hy die oorlogstrategie heroorweeg, aangesien dit misluk het om terroriste en insurgente uit te roei. Hy het gepraat in die rigting van 'n nuwe fokus, wat meer waarde heg aan die stryd teen terrorisme as die versterking van 'n brose Amerikaansondersteunde demokratiese regering.

"Ek gaan nie toelaat dat Al-Kaïda of Osama bin Laden voortgaan om ongestoord aanvalle te beplan op die Amerikaanse grondgebied nie," het Obama gesê.

Die mees belowende areas vir samewerking is waarskynlik Afghanistan en Irak, beide bure van Iran, waar Amerika tans in 'n oorlog gewikkel is. Veral in Afghanistan, Iran het 'n sterk belang daarin om insurgensiegeweld en die dwelmhandel wat dreig om oor die grens te stroom, stop te sit.

циклевка паркета без выноса мебелиФильчаков Александр Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.