Trump loop voor

Deel op

Die twee kandidate in die Amerikaanse verkiesing, Hilliary Clinton van die Demokratiese Party en die Republikeine se Donald Trump is in ‘n stryd gewikkel om die presidentskap. Die hoofstroommedia en Siliconvallei se ruim donasies aan Clinton blyk egter verniet te gewees het.

Clinton het onder meer die state New York, Illinois, New Jersey, en die distrik van Colombië waar die hoofstad Washington geleë is, en Massachusetts, gewen. Trump het onder meer Texas, Kentucky, Alabama, Oklahoma en Arkansas gewen.

Maar die miljardêr Trump, is goed oppad om ‘n oorwinning oor Clinton in die Amerikaanse verkiesing te behaal nadat ‘n reeks vroeë verkiesingseges wêreldmarkte sowel as Demokrate en hul media-surrogate in skok gedompel het.

Clinton het as groot gunsteling in die wedloop om die Withuis voorgehou, maar soos stembusse in die westelike state gesluit het en die maak-of-breek staat, Ohio, deur die Republikeine verower is, het die kanse vir Clinton skraler begin lyk.

Kandidate moet 270 verkiesers se stemme kry, wat die absolute meerderheid van die 538 lede is.

Markte in Tokio in Japan het gedaal te midde van aanvanklike aanduidings dat Hillary ‘n opdraande stryd voer teen Trump.

Die markte is grootliks ten gunste van Clinton wat as “hulle” kandidaat bestempel word. Volgens vroeë aanduidings is dat Trump besig is om veld te wen.

Al die uitslae is voorlopige uitslae.

Entoesiasme vir die uittredende president Obama het skerp op die vasteland van Afrika afgeneem. Hy word daarvan beskuldig dat hy Afrika versaak het.

Die verkiesing van die eerste swart president in Amerika op 4 November 2008 het groot blydskap meegebring in Kenia waar Obama se pa kamtig gebore is en ‘n openbare vakansiedag is ter ere van sy oorwinning uitgeroep.

Vermoedens bestaan dat Obama in werklikheid die kind van ‘n swart Amerikaanse kommunis is, by name Frank Marshall en dat die Kenia-verbintenis ‘n versinsel is om dit weg te steek.

Daar was groot hoop dat Obama baie vir Afrika sou doen, maar nou dat hy gereed maak om die leisels aan Hillary Clinton of Donald Trump te oorhandig, word hy daarvan beskuldig dat hy die vasteland afgeskeep het.

Benewens vir ‘n nuwe president, stem Amerikaners in verskeie state, insluitende Kalifornië, Massachusetts, Arizona en Nivada om dagga vir ontspanningsdoeleindes te wettig.

Die bruin Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, Patrick Gaspard, het Clinton-ondersteuners oorgenooi om haar oorwinning solank te vier. Dié partytjie het glo op ‘n treurige noot geëindig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.