Clintons reën geld op FBI-direkteur se vrou

Deel op

Clinton-surrogate het gesorg dat die vrou van ‘n FBI-direkteur geld ontvang.

Haar presidensiële veldtogpersoneel het die mislukte senaatsveldtog van Jill McCabe befonds. Sy is die vrou van Andrew McCabe, FBI adjunk-direkteur belas met die ondersoek na beweerde kriminele epos praktyke van Clinton.

McCabe se top vyf donateurs was almal Clinton-vertouelinge.

Die FBI het intussen verklaar dat hulle nie vir Hillary gaan vervolg nie.

Albei die Amerikaanse presidentskandidate beplan om vandag die verkiesingsuitslae in New York dop te hou, wat beteken dat die stad sy grootste verkiesingsdagontplooiing van polisie tot op hede sal hê.

Meer as 5000 polisiebeamptes sal in die stad ontplooi word. Verskeie strate sal ook gesluit word in woongebiede waar Hillary Clinton van die Demokrate en Donald Trump van die Republikeinse Party beplan om na die uitsendings te kyk.

Clinton sal ‘n verkiesingsaand-geselligheid naby die Hudson-rivier aanbied, terwyl Trump in die Hilton-hotel in Manhattan sal wees.

Die strenger veiligheid volg te midde van dreigemente deur al-Kaïda van aanvalle op verkiesingsdag in New York, Texas en Virginia.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.