ANC-Jeugliga wens Madonsela geluk met haar DA-veldtog

Deel op

Thuli Madonsela is deur die ANC-Jeugliga ‘n DA-marionet genoem. Die voormalige openbare beskermer, Madonsela het geweier om kommentaar te lewer op die uitlek van die klankopname van haar onderhoud met president Jacob Zuma.

Madonsela het glo die DA se verkiesingsveldtog afgeskop met die ondersoek na die beweerde staatskaping.

Die ANC-jeugliga het op ‘n mediakonferensie in Luthuli-huis in Johannesburg by monde van die jeugliga-woordvoerder Mlondi Mkhize ‘n beroep op die ANC-leierskap gedoen om hulle nie aan die verslag te steur nie want dit is niksseggend.

“Dit is ons oorwoë mening dat die openbare beskermer baie goed weet dat sy die bekendstelling van ‘n DA-veldtog voor 2019 se nasionale en provinsiale verkiesings behartig. Ons is van mening dat daar nie genoegsame bewyse is in die dramakwien se verslag nie. As die ANC-jeugliga wil ons haar graag sterkte toewens met haar DA pogings.”

Ontleders en politici bestudeer nog die verslag van 350 bladsye van die Openbare Beskermer wat vrygestel is deur ‘n bevel van die hooggeregshof in Pretoria.

Moontlike inmenging by ondernemings in staatsbesit was een van die aspekte uitgelig deur die voormalige openbare beskermer, Madonsela.

Sy sê die minister van openbare ondernemings Lynne Brown het na bewering die Denelraad ontbind om die Guptas tegemoet te kom.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.