Swart aanvallers vier wit slagoffer se moord

Deel op

Die familie van ‘n man wat deur swartes doodgeslaan is voor sy gesin, het vertel hoe die swartes opgewonde om die slagoffer gedans en fees gevier het.

Buks Oosthuizen (47) van Vereeniging is wreed vermoor terwyl die gesin langs die Vaalrivier kampeer het.

Hy en sy gesin Saterdag in die vroeë oggendure deur vier swartes oorval. Frans Oosthuizen, Buks se broer, het aan Maroela Media gesê dat die boosdoeners die gesin langer as’n uur aangehou het en hoe sy moordenaars “makaber fees gevier het” voordat hulle hom met ‘n graaf doodgeslaan het.

Volgens Frans het Buks, sy vrou en hul drie kinders en twee van die kinders se maatjies Vrydag oudergewoonte langs die Vaalrivier gekampeer. Maroela beskryf die moord as volg:

In die vroeë oggendure het die vier swart aanvallers sy vrou Susan in die gesin se woonwa oorval. Buks, wat by die vuur gesit het, het omgekyk toe hy Susan se gille hoor en is summier met ‘n graaf bewusteloos geslaan.

“Die kinders is terselfdertyd met ‘n hamer gedreig en die 12-jarige seun is in die [gesin se] motor ingedwing en gedreig om inligting oor die gesin te verskaf,” het Frans gesê. “Die gesin is sowat ʼn uur lank aangehou terwyl die aanvallers die gesin se aandete verslind het, musiek gespeel en gedans het en makaber feesgevier het.”

Volgens Frans is Susan in hierdie tyd herhaaldelik met ʼn onbekende voorwerp aangerand. Naderhand het die aanvallers hul aandag weer op Buks toegespits wat steeds bewusteloos op die grond gelê het. “Hulle het hom verskeie dodelike houe met ‘n graaf toegedien.”

Die aanvallers het die motor, waarin die seun steeds toegesluit was, se sleutel weggegooi en met twee selfone en ʼn skootrekenaar op die vlug geslaan. Susan en die kinders het gewag tot dit stil geword het voordat sy Buks in die gesin se bakkie gelaai en hospitaal toe gejaag het. Buks is met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar.

Susan het kopwonde opgedoen waarvoor sy steke moes kry, maar is sedertdien weer ontslaan. Die 12-jarige seun het ʼn ligte besering aan sy arm opgedoen en die ander kinders was ongedeerd.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.