Redakteur van Landbouweekblad kruip weg na hy Afrikaners skel

Deel op

Die redakteur van Landbouweekblad, Albertus van Wyk, het die week Afrikaners wat ongelukkig is met die petrolbom wat die EFF na Paul Kruger se standbeeld gegooi het, as “white trash” op Twitter beskryf.

Steve Hofmeyr, wat die bebaarde, oorgewig kaalkop aangevat het daaroor, is ook sleggesê. Van Wyk, klaarblyklik witgeskrik deur die vloedgolf van negatiewe reaksies, het daarna dadelik sy rekening privaat gemaak.

Hy staan dus by sy uitgangspunt dat Afrikaners “wit gemors” is maar wil blykbaar nie kritiek hoor van diegene wat sy tydskrif lees nie.

Nie verbasend nie, het selfhaat ook dié Naspespublikasie ingehaal wat deur “white trash” boere ondersteun word.

Maar Van Wyk meen waarskynlik dat sy base sal aanhou om sy salaris te betaal aangesien hulle die globalistiese projek steun en presies dieselfde mening as Van Wyk huldig.

Van Wyk, self nie ‘n toonbeeld van afgerondheid en opvoeding nie, maak ‘n ongekunstelde indruk op die meeste mense. Dit blyk veral nou duidelik uit sy Naspes-onkunde om sy lesers te probeer verkleineer sodat die EFF in ‘n beter lig gestel word.

Lesers op Facebook het voorgestel dat Die Landbouweekblad voortaan hul tydskrif aan die EFF bemark. Die EFF se historiese bewussyn maak staat op die orale tradisie wat ‘n besonderse uitdaging aan Van Wyk kan stel.

Intussen het ‘n strukturele spesialis die Paul Kruger-standbeeld in Pretoria ondersoek om die skade daaraan te bepaal nadat swart betogers Woensdag ‘n petrolbom daarna geslinger het.

Dié petrolbomaanval is deur die EFF gedoen wat ‘n optog in die middestad gehou het om te eis dat pres. Jacob Zuma uit sy amp verwyder moet word.

Cecilia Kruger, besturende direkteur van die Erfenisstigting en Voortrekkermonument, het Donderdag in ‘n verklaring dat ‘n bewaringskundige die beeld ondersoek het.

Geen skade is glo aan die bronsbeelde of die granietvoetstuk aangerig nie, maar die heining om die beeldegroep is beskadig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.