Trump weer derde sluipmoordpoging af

Die Republikeinse presidentskandidaat Donald Trump is inderhaas van die verhoog in Nevada deur veiligheidsmanne verwyder nadat ‘n man glo na sy wapen gereik het.

Ten minste twee getuies het gesien hoe die man na sy wapen reik terwyl hy na die verhoog loop waar Trump besig was om sy toespraak te lewer.

Dit is die derde poging om Trump in ‘n sluipmoord om die lewe te bring. Sy kinders en veldtogbestuur het daarna getwiet dat dit ‘n sluipmoordpoging was.

Alhoewel die aanvaller beweer dit was ‘n grap, het niemand nog hulle twiets verwyder nie.

‘n Woordevoerder vir die Amerikaanse geheime diens het in ‘n verklaring gesê daar was ‘n oproering in die gehoor naby die verhoog omdat iemand glo “pistool” geskree het. Geen wapen is egter aan die verdagte gevind na ‘n “deeglike soektog” nie, het hy volgens CNN gesê.

‘n Man wat aan verslaggewers gesê het hy is Austyn Crites, is deur die geheime diens en die polisie uit die vertrek geneem. Daar was taakmaglede met outomatiese gewere in die vertrek waar Trump gepraat het.

Trump is deur ‘n mesaanvaller bestorm in Dayton, Ohio by name Tom DiMassimo asook deur ‘n Brit Michael Sandford in Nevada wat hom wou doodskiet.

Volgens die polisie is niemand nog in hegtenis geneem nie. 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.