Vaaldam kritiek laag

Deel op

Water gaan van vandag uit die Sterkfonteindam in die Vrystaat vrygelaat word in ‘n poging om waterreserwes in Gauteng aan te vul.

Johannesburg Water sê as inwoners voortgaan om waterregulasies te verontagsaam, kan die stad beperkings verhoog na vlak-3 regulasies.

Die Departement van Waterwese en sanitasie het onlangs aangekondig dat hy sal watervoorsiening aan al Gauteng se munisipaliteite sal inperk, as gevolg van ‘n gebrek aan bereidwilligheid deur verbruikers om water te bespaar.

Johannesburg is tans onder vlak-2 waterbeperkings, wat beteken dat inwoners nie toegelaat word om hul tuine tussen 06:00-06:00 nat te lei nie, swembaddens te vul met munisipale water of motors met behulp van ‘n tuinslang te was nie.

Watertoevoer van die Vaaldam loop laag en verskeie reservoirs is ook geraak.

Die Departement van Waterwese sê die dalende vlakke van die Vaaldam het die departement genoop om van sy reserwes te gebruik.

Die Sterkfonteindam buite Harrismith sal verhoed dat die Vaaldam se vlak onder 25 persent daal. Indien die dam onder 25% vol is, sal die waterinfrastruktuur daaronder ly.

Talle munisipaliteite het reeds strenger waterbeperkings ingestel te midde van die voortslepende droogte.

‘n Woordvoerder van die departement sê reën word eers tussen middel November en die einde van Desember verwag.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.