Malema aangekla weens aanhitsing om wit grond te vat

Deel op

Die leier van die EFF, Julius Malema, sal vandag in die landdroshof in Newcastle verskyn op aanklag van aanhitsing om ‘n misdaad te pleeg.

Malema sal op aanklagte vir die oortreding van die Wet op die Reëling van Byeenkomste verskyn.

Die Nasionale Vervolgingsgesag sê hy staan tereg op aanklagte van aanhitsing nadat hy herhaaldelik sou gesê het dat mense onbewoonde grond moet beset.

Sy eerste uitlating daaroor was twee jaar gelede tydens ‘n EFF-saamtrek in Bloemfontein. Die tweede voorval was vroeër vanjaar by ‘n politieke saamtrek op Newcastle.

Die aanklagte hou onder meer verband met ‘n oproep deur Malema tydens die party se nasionale kongres, in 2014 op die Universiteit van die Vrystaat se Bloemfonteinkampus gemaak het.

Malema het toe die EFF aangehits om onbesette grond te konfiskeer.

In 2016 het hy dit weer herhaal in Newcastle, waar hy EFF-ondersteuners vertel het wittes het geen reg op grond nie.

Malema sal op 14 November in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn op dieselfde aanklagte.

Volgens Malema word hy aangekla weens wetgewing wat deur die apartheidsregering daargestel is en hy beskou dit daarom nie as ‘n oortreding nie.

Die EFF se woordvoerder, Mbuyiseni Ndlozi sê die besluit om Malema aan te kla is “politiekery”.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.